Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Kwart oor somer

Carma Shaw Poësie 2020-05-20

"Maar sy ken reeds dié voorspel, 
ook die doodsnik wat kom – 
in die vou van die winter 
sterf die somer se blom."

Die middag toe die wyn gesteel is

Jaco Fouché Poësie 2020-05-19

"Die middag toe die wyn gesteel is
het die son ’n halfmaan deur ’n hoë venstertjie gepars"

Lockdown death

Berdéhan Brand Poësie 2020-05-19

"in Ravensmead gaan duiwe dood
in die dag
en die mense lag vir borstortels wat bloei
en meer god raak tussen wit vere"

Anderkant hierdie hede

Carma Shaw Poësie 2020-05-19

"En in my land van drome 
sal ek ontvlug uit hierdie hede 
om (in toekoms of verlede) 
jou op dáárdie plek te vind 
waar jy glimlaggend vir my wink."

My allerliefste

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-05-19

"sein jou bekoring
in saffraangeel koring, kom stuur jou boodskap
in rooi (so helder soos die son)"

Aan die voet van ’n berg

Anton Bosch Poësie 2020-05-19

"Aan die voet van ’n berg 
op die stoep van ’n huis, 
sit ’n man met ’n baard 
en ’n pyp in sy vuis"

Eende van dieselfde dam

Kristel Loots Fiksie 2020-05-18

"Sy oë versluier, ’n simfonie van sensualiteit wat Amalia laat ril van begeerte. Eintlik wil sy op sy skoot spring, arms om sy nek gooi, bene om sy lyf slaan – maar sy weet niks kom tussen ’n man en sy sigaret nie en sy hou haar in."

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, 50 jaar oud: Skryfwedstryd en slypskool 2020 onbepaald uitgestel (nie afgestel nie)

Corlietha Swart Skryfsake en rubrieke 2020-05-18

"Wees dus rustig en hou voorlopig u inskrywings – dit mag dalk die weninskrywing wees! – veilig by u op ys (so ook die skole s’n by die onderwysers) as u dit nog nie gestuur het nie."

met nuwe geskiedenis op virusvryheidsdag

Waldemar Gouws Poësie 2020-05-18

"twee-en-twintig tarentale dit bondel soos note op ’n balk"

Ons trek Vrydag

Collin Greger Fiksie 2020-05-15

"Vrydagmiddag laat kom ek in Steynsburg aan. Ek is moeg, die honde is geïrriteerd en ek het koffie nodig. Stop voor die deur, Mevrou maak die deur oop en lig my ewe kalm in, sy dink sy sal maar so deur die loop van die volgende week trek. Ek is moerig. Nee, Mevrou, jy het dan gisteraand nog bevestig julle trek vandag."

Digter

Margaret Cordier Poësie 2020-05-13

"woorde kabbel soos water
kronkel op die tong
mond uit in die see"

19 haikoes

Paula Hartzenberg Poësie 2020-05-13

"’n dam met lelies 
verdubbel ’n blou hemel 
versamel rommel"

Onthou jy nog die see se blou? ’n Villanelle in die tyd van die koronavirus

Alwyn Roux Poësie 2020-05-13

"Wat oorbly tussen my en jou?
Skakerings lug van berg en see."

Takeaway

Berdéhan Brand Poësie 2020-05-13

"Haar hande was harp en anys,
’n dag-tot-dag survival case"

Werker, salueer

David C Jantjies Poësie 2020-05-13

"Jy wat ons glimlaggend moet bedien
Met toewyding in ons behoeftes voorsien
Soms beledigings en argwaan moet trotseer
Ons dank jou"

Korona-kortverhaalfees

LitNet Fiksie 2020-05-12

LitNet bied, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, ’n kortverhaalfees tydens die staat van inperking aan.

Pa, Ma en die liefde

Jan van Tonder Fiksie 2020-05-12

"Dawie maak keel skoon. 'Ek het ’n aankondiging.' Hy kyk elkeen van ons om die beurt in die oë om die oomblik so lank hy kan uit te rek."

Competition: Write the future, right the wrongs

LitNet English 2020-05-06

LAW FOR ALL, a company dedicated to fighting for equality and justice, calls on South Africa’s creative minds and wordsmiths to enter a competition to help imagine a future world where everyone has access to justice and legal recourse. The winner will walk away with a R10 000 cash prize.

Shakespeare (The sonnets)

Ferdi Wheeler New writing 2020-05-06

"Adorable and romantically possessed,
but with good looks no longer blessed,
he still delighted in the liveliness of progeny"

Lewensblus

Caren Kearley Poësie 2020-05-06

"Ek steek my hand uit lug in
en pluk ’n sluk vars asem
die aarde druk my vas"

Top