Lugkastele

  • 5

Foto’s: verskaf

Lugkastele

Swierige kleuredos
tooi my wêreld
met stapels van
ander koninkryke
en toringtranse
skakeer sommer ook
’n reënboog daarby

Sagte wit bolletjies
watte en wol
omhels en koester my
terwyl die son dit verf
met cappuccino
op sy kwas

Ligte vliesies
dampkringe gesprei
soos ’n waaier
terg my, nooi my
om saam te dans
te warrel en draai
spookasem
uit die lug
te pluk

En saans tril
gekneusde rooi
en donker newels
flits eggo’s
van verlange
in die leegtes
van my hart

  • 5

Kommentaar

  • Pragtig! Ons hoor jou hart, en die lugkasteel fot'os verskerp en beklemtoon die wonder van ons Afrikaanse taal!

  • Mooi! Persoonlik vervang ek leegtes met volheid of oorloop! Dus: universele en individuele klankbord...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top