Nyanga-duiwel

  • 5

Foto: Pixabay.com

Nyanga-duiwel

in die agterstrate van ’n stil oorlogskreet 
is belofteleemtes oortuigend voorgehou – 
die bleek vlag 
was soek

stilgeslaap onder die kammadak waar 
aasvoëls om jou hande draai

min 
minder as minste 
is die jambe van ’n digtersvoet 
op die metrum van ’n amfibrag gestort

grense vervreem van menswees 
met die onskuld van ’n kind 
die offer van Nyanga-haat.

  • 5

Kommentaar

  • Margaret Cordier

    Therin jy het die tong van 'n vaardige skrywer.
    Puik skrywe, met 'n sensitiwiteit waarmee jy pynlike werklikhede saamvat en veredel in kuns.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top