werf, landerye: Rûens

  • 2

Fotobron: Canva

werf, landerye: Rûens

waar winter-Karee
vandag groen geselskap kry –
Glasogies wil tjil
               *
hierdie kaal Slak sit
en trek stadig skoon lig in
vir sy spoor vannag
                *
hoe wil Kraai daar stap
elke heup wat hy uitswaai –
selle bekkenlus
                *
Kraanvoëls kom meet
kort-kort die kuithoë graan –
dis skaars midwinter
                *
want stap jy hierlangs
kyk Kiewiete jou koel deur:
sit dan hoog keel op
                *
die Renosterveld
se vel is heel afgetrek:
met graan toegeplak

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top