Hoe liggies dans my masker in die aandwind

  • 0

Foto: Canva.com

Hoe liggies dans my masker in die aandwind

Die somer is dood, sy lig vergaan 
in die aandskemer kinders se geskree wat taan 
dan sien ek my masker dans in die wind 
by die vensterraam met ’n knop in die vorm van
’n neus wat hy hoop my einste neus sou wees 
hy wens seker hy kan hom vou in ’n gesig 
wat ons twee uit die skare lig 
hoe dans hy so liggies in die wind, hy wat so vinnig 
soveel meer geword het as ek sedert ’n kind?

geag, geëer, in hoë kringe hoogs gerespekteer 
ek claim geen rol in jou wegholsukses 
vir jou beskerming sê ek erg bedank 
of jy opreg was, of ’n opportunis, berug 
dink jy as als verby is sal jy my kan teruggee, 
my eindelik weer kan oorlaat aan my eie gesig?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top