tranedal

  • 1

tranedal

hierdie aand bring verraad
met aankoms weet ons iets ontbreek
─ die landskap soos díé van ’n vrou-
haar logge lyf uitgestrek in skuilplek
haar geheime tot duskant die einder ingekleur
plaasgrond was hier met vreemde voet betree
onder flonkerende sterre speel dit af
sondes van die vaders word skunnig verspil
naby god se stilte
langs die bloekom
lê my kindsbeenvriend se lyk
sy antwoord op die noodkreet van ’n vers
daarvoor het hy eindelik met sy lewe betaal
triest ons hou nagwaak
met hande in gebed gebind
só omsingel lewendes díé verlore kind
dan dit gebeur blitsig ─ ons voel dit oor ons sluip
erfgrond tot niemandsland verklaar
hierdie aand bring verraad
’n plaashuis ontbind tot graf
en ons oë bly gerig op golgota

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top