Johann van der Walt

Johann van der Walt

Johann is gebore in Potchefstroom en het verhuis na Ficksburg, Vrystaat, waar hy groot geword het. Hy het ’n BA  en ’n honneurs in videoproduksie. Sy gedigte is plaaslik in The Kalahari Review, New Coin en New Contrast gepubliseer en internasionaal in joernale, onder meer Red River Review, Down In The Dirt en The Rye Whiskey Review. Vyf van sy gedigte word in 2019 opgeneem in die Sea Glass Hearts-versameling in Amerika en ook ’n plaaslike versameling getiteld Courage (Highveld Poetry) later die jaar. Hy is die algehele wenner van die L’Art Poetique: Ingrid Jonker-digkompetisie 2019 en ook die skrywer van die kinderboeke, Frankie Learns To Fly en Bhubesi.

’n Vers vir Pa

Johann van der Walt Poësie 2020-08-31

"Jou woorde smeer nie konfyt op geleende brood nie
Ons koskaste stel nie belang in sonnette en hul prys nie
Hongerpyne praat harder as goed-afgeronde strofes"

tranedal

Johann van der Walt Poësie 2020-08-27

"plaasgrond was hier met vreemde voet betree
onder flonkerende sterre speel dit af
sondes van die vaders word skunnig verspil
naby god se stilte"

"Om die spoor van jou verlore onskuld te volg, is om jouself vorentoe beter te verstaan" – ’n onderhoud met Johann van der Walt

Remona Voges, Johann van der Walt Skrywersonderhoude 2020-07-16

"Hierdie is ons grootste toets – ja, jy gaan jou onskuld verloor, maar jy kan ten spyte daarvan nog steeds kinderlik glo in die dinge wat vir jou saak maak."

 

Vrouedag-skryfkompetisie: Ou Nonnie

Johann van der Walt Skryfkompetisies 2019-08-18

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Johann van der Walt:

"Ou Nonnie jy was ’n merkwaardige vroumens
’n gedig sonder strofes in jou eie reg
Mamma in die moeilikste van tye"

Top