
Foto van Thomas Mann: Wikipedia
Thomas Mann
vir Heleen Louw
geseën met ’n sterk hand
die dag
’n gechoreografeerde persverklaring
Katia aan jou sy
altyd ’n kind of twee-drie byderhand
agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen
dandy dasknoop
vanuit die geslote boordjie
’n vormdrag van wit katoen
mansjetknope wolstof handgebreide swart leer
in tintelende lig
voor die hand liggend
die nooitgeplukte vrug
tussen slape
die bloedsomloop herontdek
Harveyiaans in ’n dagboek aangeteken
in die fynste besonderheid
bottend in jou oë
die afgryse van ’n ewige lente


Kommentaar
Jacobus ek geniet jou “fynste besonderheid” in jou byna perfeksionistiese beskrywing. ’n Volluitgeleefde lewe van die skrywer en tog die hartseer van die nooitgeplukte vrug. Besonderse sterk beelde wat jy gebruik, soos bottend in jou oë. Lieflik.