Avatar

Jacobus Swart

Jacobus Swart is in Pretoria gebore. Hy behaal die graad BMus en ’n HOD aan die Universiteit van Pretoria. Sedert 1998 werk hy as Engelse onderwyser in Taipei, Taiwan.

die sneeuluiperd

Jacobus Swart Poësie 2019-09-11

“’n bergbok
die stolpunt
in die bleekgroen lawaglas van jou oog”

Friedrich Nietzsche – es ist vollbracht

Jacobus Swart Poësie 2019-09-11

“op jou knieë
onder die gewig van ’n enkele woord
jou grondelose hande uitgesteek
na die trekdier onder ’n sweep”

Frédéric Chopin

Jacobus Swart Poësie 2019-04-09

"vanuit sy hoë nok
stoot die vlermuis ʼn twygwerk
vyfvingerig deur donker vlerke
dunner as voorhuid"

JM Coetzee

Jacobus Swart Poësie 2018-07-11

"die idiolek
fynsinnig
voor in die mond
die tongslag van ’n Silbermann-orrel"

Joe Orton

Jacobus Swart Poësie 2018-07-11

"voorstedelik
tussen woonstelmure
die forensiese hermeneutiek
van die kunswerk tot sy essensies ingeperk"

Philip Larkin

Jacobus Swart Poësie 2018-07-10

"want dit is hier, meneer Larkin
vanuit jou oeuvre se sepiafotografie
waar die luiperd
met kragtige heupe vaartbelyn
geruisloos die leser bespring"

César Vallejo

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"op jou pos
die daaglikse beoefenaar
van ’n verworwe
taai ontoegeeflike geduld
ander noem dit vakmanskap"

Joan Hambidge lees ’n villanelle voor

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"niks minder
niks meer
ek vat net dit wat myne is"

Adam

Jacobus Swart Poësie 2017-10-12

"vooroor kantelend
in die grondwaartse boog
suiwer wiskunde tastend na
Die Ander"

Top