
Joan Hambidge lees ’n villanelle voor
Vir Heleen Louw
het jy ooit
dubbel intuïtief
as vrou en digter
vermoed
dat jy sou gee
wat die villanelle
van jou vra
in flikkerige elektriese lig
vir die versindaba
op die verhoog
om die setwerk te voltooi
gee jy aan koeplet
en tersine sy refrein:
sy het my vir altyd verlaat
gemeet afgeweeg
deur die fyn geteelde intellektueel
op die palm van sy hand
’n pond vleis
niks minder
niks meer
ek vat net dit wat myne is
oorganklik die refrein
sy het my vir altyd verlaat
welgeskape dans die villanelle jou vooruit
alleen
in die nagalm van die woordfees
bly jy staan
georden
kortsluitend die refrein
sy het my vir altyd verlaat


Kommentaar
I like the rhythms of Afrikaans poetry.
In my mind, I saw Joan Hambidge standing in the middle of the poetry.
Heidi,I agree. Our precious language has a lovely and unique rhythm to it.