Philip Larkin
vir Heleen Louw
omring deur vroue
die vermaak ruimskoots
deur die lewe begroot
ontgogeling
dra jy soos ’n grys snyerspak
op jou swart dikwielfiets
nie soekende nie
altyd die besoeker
jou ma sterf
bloedloos
skoon
trek die heilige Teresa
haar lem tussen jou ribbes uit
jou sielsgenoot trek by jou in
saam
trek julle die deur agter julle dig
uitgelewer aan die ander dors
die tweede viool
stuur jy (voorlopig) weg
met ’n paar kwetsende woorde
as antwoord op ’n reguit vraag
sy is streng Rooms-Katoliek
en bly in jou testament steeds onbenoem
jou sekretaresse Betty
die nimlike sy
gewoond aan bevele
skeur na jou dood
die bladsye uit jou dagboeke
by die handvol uit
toegewyd gefokus
stoot sy die wit vrugvleis
stuk vir stuk deur ’n snippermasjien
stap na die staatsdiensstaalkas
in ’n kantoor in Hull se biblioteek
maak oop die deure
op die rak
dertig rûe waar moontlik
volgens jaartal gerangskik
neem een in jou hande
slaan die buiteblaaie oop
’n boek psalms
takseer die gewig
vergewis jouself
van die tekstuur op jou palms
want dit is hier, meneer Larkin
vanuit jou oeuvre se sepiafotografie
waar die luiperd
met kragtige heupe vaartbelyn
geruisloos die leser bespring


Kommentaar
A neat poem. Philip Larkin is the Hardy Amies of English Literature.
A wonderful read which poetically weaves many histories together. It unravels lesser known narratives and leaves the reader wanting to know more. A fantastically written poem which carries an unknown and fascinating story, thank you very much for the really interesting read.