vir Danie Goosen
staatloos
intiem aan die binnewand van die hand
tussen vingers
oorgeblewe silwer neerslag
voetbeentjies in swart leerskoene
ontwortel horisontaal
tot die metafisiese tree
gekloofde lig
die moord op skaduwee
by oogkaste instortend
deur bodem van been
lekkend
in die serebrospinale kolom
skulptuur se sierlike naatlose gebaar
op jou knieë
onder die gewig van ’n enkele woord
jou grondelose hande uitgesteek
na die trekdier onder ’n sweep
op ’n skoon wintersdag
die immolasie op stadsplein
die vel van ’n geesgenoot
kontekstualiseer
die dele op mekaar afgestem
tot samehang
die uitkoms van redeneerkuns
oor geslagte
gelooi tot soepelheid
geoliede duursaamheid
nuttig
die tuig van fynbesnede leer
later
vanaf A na B in Turyn
bereik die perd sy bestemming
Lees ook



Kommentaar
Pragtig!
Dankie Charles. Dit is vir my n riem onder die hart om te weet die vers beteken iets vir jou.
Jy moet nou net die snaakse gesentreerde formaat los, dan kan jy sterk gedigte skryf. Baie mooi potensiaal!