JM Coetzee

  • 1

JM Coetzee

in aftreksel van skaduwee
jou gesig
hoofse ovaal

dissipline
’n geoefende etude
samevattend
daagliks om die iris
verdigtend

die idiolek
fynsinnig
voor in die mond
die tongslag van ’n Silbermann-orrel

onder ’n hoë dak
binne die skamel bestek
katelpote
’n sinsverrukte
klettering op vloerplanke

die nagtelike besoeking
wanneer jy wolwepis sweet

smôrens
aan tafel
uit die pen in jou smettelose hand
die gewerpte woord

Annihilating all that’s made
to a pale thought in a pale shade

Engels
rein soos lentebloeisels

  • 1

Kommentaar

  • Die ernstige karakter en intellektualiteit van JMC word treffend weergegee deur 'n fyn en noukeurige skryfstyl.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top