Joe Orton
9 Augustus 1967
vir Heleen Louw
met vroulike tirannie
die ikonoklastiese hamerslag teen die kranium
die argetipes blom
Edna Wellthorpe hand op die hals
gooi haar kop agteroor
deklameer “Oh, the horreur of it all!”
voorstedelik
tussen woonstelmure
forensiese hermeneutiek
die kunswerk tot sy essensies ingeperk
voor die Guernica se glottofagie
van die dagboek en sy bladsy
die dramateks en sy kanttekening
staan jy
die speurdersersant
Andy Warhol mét talent
om begroet te word
deur die oog
waarin verinnerlik
innig die spot skitter

