vir Heleen Louw
ore platgetrek
hurkend teen dungeskilde lig
afgerol tot in die doopbekken
in die stilte wat jou vooruitgaan
die omkluisterde voetkussing op die klip
’n bergbok
die stolpunt
in die bleekgroen lawaglas van jou oog
langs die loodregte krans
’n vallende gnomon
berghang en bok
’n verbrokkelende ruitverwysing
ná die afgrond
die goue ratio van jou luiperdlyf
’n gestrekte boog
kwasbegrepe deur die onverskrokke stert
’n halwe Rorschach agter sy gesperde voorklou
bo en onderkaak versoen
in die jong ooi se ontblote keel
die deurbyt van slagtande
gutturaal
in maagdelike stilte
onder die aanraking van ’n vingerpunt
met asem en bloed
die grotwand tot lewe versteur
Lees ook



Kommentaar
Ek hou van die ritme en die komposissie van jou skryfstyl . Dit getuig van keurig en sorvuldige taalgebruik.
Met jou vernuftige aanwending bereik die gedig n suksevolle crescendo wat my as leser afwagtend meesleur. Voorwaar verrykend.
* sorgvuldige
Jacobus Swart is voorwaar ’n woordkunstenaar wat ’n gebeurtenis in die natuur vasvang asof dit van kosmiese belang is. Ek sien sommer daai "omkluisterende voetkussing" ..!
Die denkbeeldig gedigte avonture van Walter Mitty. Goed gedoen!
Die sneeuluiperd vang mens vas in die paar sekondes van ’n perfekte lyflike jag. Dit gee die besondere skaars kat die plek waar dit hoort ... aan die top van die roofdiere. Besonders omskryf Johannes.