
Foto: Canva.com
Dubbelbindkind
dis die dubbelbind, kind
wat my hier vashou
soos ’n moeder aan ’n dooie kind klou
liefde wat straal, skeur
’n prentjie rooskleurig met bloed besmeer
en die raam skeeftrek met hamer en soen
kind in ’n dubbelbind
sweer hoog en laag sielsgenoot,
leef anders as die skadu in jou bors
moedersmelk, heuningtong, vleesdoring
driedubbelketting gesmelt, gesweis
terug na die dubbelbindkind verwys

