Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou?

  • 42

Wêreldgeletterdheidsdag word elke jaar op 8 September deur Unesco gevier. Dit is vanjaar die 40ste herdenking van hierdie dag.

LitNet wil graag weet: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Plaas jou antwoord in die kommentaarblokkie hier onder. Daar staan Reageer.

LitNet gee ’n kontantbedrag van R500 aan die beste inskrywing en LAPA Uitgewers sal vir drie deelnemers elkeen ’n boekpakkie stuur.

Die reëls
  • Inskrywings mag nie meer as 100 woorde lank wees nie.
  • Slegs inskrywings wat in die kommentaarblokkie geplaas is, sal oorweeg word.
  • Inskrywings moet aan LitNet se standaarde voldoen, en die redaksie behou die reg voor om ’n inskrywing nie te plaas nie.
  • Die wenners sal deur LitNet se redaksie aangewys word. Die besluit sal finaal wees en kan nie betwis word nie.
  • Inskrywings sluit Maandag 14 September om 09:00.
  • Wenners sal hulle bankbesonderhede, selfoonnommers en koerieradres aan LitNet se redaksie moet bekendmaak. Hierdie besonderhede sal nie openbaar gemaak word nie. Sou ’n wenner nie hierdie besonderhede wil bekend maak nie, sal ’n ander in haar/sy plek aangewys word.
Geskenk deur LAPA Uitgewers

Boekpak 1

Toekomsmens
Isa Konrad
Plek van Poue
Henriëtte Linde-Loubser


Boekpak 2

Offers vir die vlieë
Fanie Viljoen
Glamdivas
Solet Scheeres


Boekpak 3

Bastian Blom en die woedende weerwolf, Jaco Jacobs Bastian Blom en die pratende portret, Jaco Jacobs Bastian Blom en die magtige moerasmonster, Jaco Jacobs Bastian Blom en die gillende geraamte, Jaco Jacobs
Lees ook

Afrikaans se verklarende woordeboeke: gister, vandag en môre

’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem

Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse

  • 42

Kommentaar

  • Wat beteken woorde vir my in 'n digitale wêreld?

    Wat is 'n woord in die kubertyd?

    Ons spoeg woorde daagliks uit; ons verorber dit in wete en onwete soos honger honde aan die einde van 'n smaaklike roman, wie weet dalk vergeet ons eendag die reuk van 'n nuwe boek of hoe die blaaie klink as jy hulle vinnig deur blaai.
    Woorde beteken vir my smaak, sig, terapie, reuk en leed; woorde is 'n deursigtige reis na die dieptes van jou binneste en in 'n tyd van woorde in 'n digitale wêreld herwin ons die oue met die nuwe.

  • Avatar
    Michelle Oelofse

    Digiwoorde bied ‘n inventaris van die moderne lewe, groter en meer omvangryk as wat papierwoorde ooit kon vermag. Vra en lees staan vry. Gemeenskap, opwinding en woede ook. Digiwoorde is wees, syn en skyn, in besonder nou in ons covid kwarantynhawes.

  • Avatar
    Magdaleen Snyman

    Woorde in 'n digitale wêreld is die sporte van 'n leer. Met elke woordtreë kom ons nader aan 'n plek, 'n idee, 'n toekoms of selfs mekaar.

  • Woorde beteken iets wat ’n mense uit jou mond sê. Woorde is iets wat kan mense seer maak as dit nie reg gebruik word nie.

  • Woorde het vlerke. Al is ek ingeperk, is 'n goeie storie nooit beperk. In die biblioteek of op tablet, 'n storie of twee, bring altyd hope pret. Woorde digitaal hou my wêreld minder vaal. Dit bring die nuus van heinde en ver, in die palm van my hand en maak alles soveel interessant. Woorde het vlerke, woorde is vry, met pandemie of nie, woorde vir my, het absoluut geen perke.

  • Avatar
    Marina Visser

    Hello. Hoe gaan dit? Te midde van "minder-dinkwerk-prentjie-boodskappe", is dít die belangrike woorde. Woorde wat ons wissel wanneer ons n paar minute tyd en belangstelling aan mekaar afstaan. Woorde wat jy self tik, is aandag wat jy aan my gee. Iets wat deel is van ons d.n.a, om tuis te wees - al is dit net vir n paar minute in iemand se gedagtes. Wat ookal die rede vir die woorde tussen ons, self uitgedinkte woorde is wat my meer aanraak as n prentjie boodskap. Jou "hello" laat my glimlag.

  • Woorde digitaal: my skakel met familie, vriende en vreemdelinge we^reldwyd versprei. Dit omvat my taal, my hart, my siel, my denke. Soos my woorde vlerke kry en deur die eter vlieg, maak virtuele deure en vensters oop waardeur ons kontak maak, saampraat, opinies lug en menings deel. Sonder woorde is ek ingeperk, stom, afgestomp en stil. Digitale woorde vergun my om beeld, kleur, geur, tekstuur en emosie onder my vingers op die toetsbord te laat leef. Digitale woorde het magiese krag om met die druk van die stuurknoppie op my rekenaar of slimfoon, ver en wyd te reik.

  • In die tyd waarin ons, ons nou bevind is aanraking n groot,'nee' maar woorde is soos 'n lewenslyn. Woorde vernietig mure en dit oorskry brue en bring eenheid tussen ons. Skielik het gevoel meer geword as n mens se eie gemaksone. Woorde tref diep, woorde trap diep en dit bring verandering. Woorde is nie meer net woorde nie. Woorde is lig en lewe. Woorde is gevoel. Dieper as aanraking en met n sielvolle impak.

  • Avatar
    Theoline Damens

    Woorde is die direkte intrepretasie van die siel. Sal nooit die gevoel van woorde op 'n brief of woorde uit die hart met n emoji kan vervang nie.

  • Avatar
    Anschen Conradie

    Volgens oorlewering is die wêreld deur woorde geskep. Nieteenstaande persoonlike oortuigings in dié verband, bly die beginsel tydloos: woorde skep! Skep wêrelde; karakters; drome; emosies... Of dit op klippe uitgekrap, teen grotmure geverf, op rekenaarskerms getik of in ‘n digitale wolk verskuil word maak geen verskil aan die wonder daarvan nie.

  • Avatar
    Lettie Furstenburg

    Woorde beteken God se skepping, Sy Woord, Sy lyding en liefde. Woorde vorm my groot liefde BOEKE. Woorde is natuur, mens, geloof, hoop en liefde, geskiedenis, inligting, kommunikasie, reëls, wette, gesondheid, sielkunde, emosie, aksie, nuus, versekering, bemoediging. Woorde is liefde vir mekaar, woorde is bymekaar staan deur dik en dun.. Woorde is dalk net letters wat betekenis vorm maar ek kan nie sonder woorde nie.

  • Avatar
    Lettie Furstenburg

    Woorde beteken God se skepping, Sy Woord, Sy lyding en liefde. Woorde vorm my groot liefde BOEKE. Woorde is denke oor die natuur, mens, geloof, hoop en liefde. Geskiedenis is woorde. Woorde is inligting, kommunikasie, reëls, wette, gesondheid, sielkunde, emosie, aksie, nuus, versekering en bemoediging. Woorde is liefde vir mekaar, woorde is bymekaar staan deur dik en dun.. Woorde is dalk net letters wat betekenis vorm, maar ek kan nie sonder woorde nie.

  • Avatar
    Reza Clifford

    Ek is niks sonder woorde nie. Dis in my opstaan en my slaap. In my ma-wees – om my peuter te leer van "nee" en "moenie", maar ook "ek het jou so lief". Dit is my werk. Die lees van sinne, paragrawe en artikels. Dit in WhatsApp-boodskappe wat haastig getik word en lang omgeestemboodskappe wat gou ’n mini-potgooi word. Dis in my vrouwees (dankie tog, ek het so baie woorde gekry). Dis my liefdestaal. En my kwaadwordtaal. Ek is ’n ma, ’n vrou, ’n vriendin, ’n dogter. Ek is ’n mens, maar die meeste van als is ek ’n woordmens.

  • Jan Schaafsma
    Jan Schaafsma

    Die waarde van woorde

    Woorde is ’n verhaalhuis se bakstene. Bou slordig, en die mure bars. Bou netjies, en die huis staan vas.

    Bou self op jou rekenaar met hierdie hoop woordbakstene – almal plekname:

    Sweetfontein. Welvanpas. Geluk. Soetendal. Aandster. Komspruit. Hartseer. Ontmoeting. Groot Spelonke. Knapdaar. Draaiom. Heuwels. Lekfontein. Maanlig. Grootdoring. Vryhof. Soekmekaar. Paradys. Noupoort. Helpmekaar. Heuningneskloof. Puntjie. Vrouenspan. Lekkerdraai. Mooinooi. Ooreenkoms. Koppies. Gesukkel. Ogies. Klaarstroom. Lilliput. Kaalrug. Minnaar.

    Of:

    Vrouenspan. Soetendal. Vryhof. Paradys. Aandster. Maanlig. Mooinooi. Ontmoeting. Ogies. Ooreenkoms. Minnaar. Kaalrug. Draaiom. Heuwels. Koppies. Puntjie. Noupoort. Lekfontein. Heuningneskloof. Groot Spelonke. Grootdoring. Soekmekaar. Gesukkel. Helpmekaar. Welvanpas. Lekkerdraai. Sweetfontein. Knapdaar. Komspruit. Klaarstroom. Geluk. Lilliput. Hartseer.

  • Die keuse van jou woorde hou tale voordele in, dit kan jou verhoudings verbeter, 'n impak op ander het of jou loopbaan bevorder. Net soos jou woorde voordele inhou kan dit ongewenste nadele ook meebring. Dis deesdae algemeen om te sien hoe baie mense hulle loopbane kwyt raak en verhoudings verbrou deur hul keuse van woorde op sosiale media of enige ander digitale platform. Woorde beteken dus vir my om dit in die sin te gebruik dat dit lewe spreek en 'n impak op ander sal het, maar ter selfde tyd jou gedagtes uitdruk op ’n gepaste manier..

  • Avatar
    Lindie van Gass

    Woorde is vir my ‘n veilige hawe waar ek kan nesskrop en myself wees ongeag of ek wil huil, baklei of herlaai. In ‘n digitale wêreld bied woorde vir my die toerusting waarmee ek myself kan uitbeeld en myself leer verstaan midde ‘n bombardering van inligting op sosiale kanale. Die afbrekende, maar ook opbouende krag van woorde, veral op hierdie kanale, laat my sprakeloos en ek probeer dit eerder gebruik om hoop te inspireer. Woorde is huis en die gom wat mense bymekaar hou, selfs al moet dit deur ‘n skerm wees soos: “Ek is hier vir jou. Bel my.”

  • Waar sou ek wees sonder woorde?

    Woorde stel my in staat. Woorde stel my vry.
    Woorde word gelaai met betekenis, afhangend van hoeveel jy verkies. Ek kan myself uitdruk in Afrikaans, ek kan sing, ek kan dig of net in stilte...skryf.
    Ek kan liefde wys in woorde en dit gebruik as oorbrugging tussen my en ander.
    Met woorde kan ek hoor hoe dit met my naastes gaan; ek kan empatie toon met woorde.
    Kleurvolle woorde kan jou pad wees tot genesing. Gebruik dit.

  • Avatar
    Mandia Bornman (A.L.B)

    My woorde is nie ’n copy/paste-fotostaat, ’n jackhammer of ’n beitel nie, net akkoorde wat my hande nie kan speel nie.
    Vlerke, dat vlêrmuise kan ontsnap,
    Dermvlies rondom maalvleisbestaan
    dat gedagtes nie uittap in trane, soos vet op kole nie.
    My woorde is skifsels, volkome onvoldoende.
    Woordeloos spat my hart aan flarde, skreeu stomp in my larings vasgehamer,
    My wêreld gesplits, onherkenbaar opgefok in diminished akkoorde.

  • Digitale woorde: Woorde wat boodskappe vinnig moet oordra, sosiale media-plasings perfek verwoord, die aanlyn-nuusopskrifte optof en die liefde oor 'n langafstand uitdeel.

    Woorde in ons digitale era is tans meer werd as die woorde in ink op die ou, gelerige briewe wat niemand meer kans kry om te lees nie.

  • Woorde is my hart-, siel- en kopmusiek. Soms skok dit my tot stilte; soms laat dit my dink; soms laat dit my huil en lag...maar dit laat my elke dag leef! Ek het woorde net so nodig soos kos en asemhaal.

  • Soms maak woorde my wanhopig: die “ons-en-hulle”-kommentaar wat venynig verspil word, woorde vol vrees wat in haat muteer en soos klein hondsdol hasies aanteel. Maar op ander dae - op goeie dae bring die “ek-mis-jou” en “stuur-groete-vir-jou-ma”-woorde vir my troos. Die tannies wat sjokoladekoekresepte en Leonard Cohen-lirieke deel, die diereliefhebbers met staaltjies oor Buddy en Lilly maak dié wêreld weer... mooi.

  • Avatar
    Cobus Mostert

    Vir my beteken woorde die grondslag van idees. Dis wat mense van die res van die natuur skei

  • Woorde deel ons identiteit met ons taal, woorde dra ons na plekke, tye en sekere frekwensies van onself.
    In 'n digitale wêreld kan ons woorde maklik opsoek, maklik saamdra.
    Woorde het my lewe gered van 'n selfversuipte dwaalspoor van verdriet waar hy my kom betas het in sy verskillende vorms: dig, verhale en rubrieke en snipsels van ons tye.
    Woorde is soos soet vye wat wag vir mondwording.

  • Avatar
    Ludwig Eon Siwa

    Woorde is hul eie pen, kleurvol en raak soms op. Mens kan kontak maak op platforme waar jy nie kan beweeg nie. Soos 'n sleutel tot 'n biblioteek van drome. Elke boek in daardie biblioteek soos n boodskap wat in 'n bottel versteek het. Die hoop om hulp, met die hoop om vreugde te skep. Woorde los spore, sommige vlak ander diep. Nie toeval of geluk nie.Woorde word onderhou met emosies, oppervlakkig en ander seergemaak. Woorde maak koneksie met jou innerlike mens. Met woorde is daar 'n wil wat wil floreer niks woorde is sonder beskikking vir die doel.

  • Woorde. Iets wat jy kan gebruik om die stiltes te vul. Iets wat daar baie van is maar wat niks kan beteken. Iets wat kan bou of breek. Iets wat mense kan skei of saam bring. Iets wat ek baie van het maar kies om vir myself te hou want woorde het meer krag saam gestring in volgorde as wat een alleen of uit sy plek het en ek het nog nie die balans gekry nie.

  • Avatar
    Alida van den berg

    Woorde het vlerke. Dit Kan jou laat vlieg of last sink en selfs opbou of afbreek.
    Woorde is kosbaar en Kan so Baie beteken as dit Vir die regte goed gebruik word. Woorde is die begin en die einde van die lewe want n pasgebore Baba maak geluide sodra hul gebore is en mense praat voor hulle afsterwe.

    Woorde is waaroor alles Gaan en sonder woorde Gaan ons mense mekaar nooit verstaan.

  • Die woorde agter die skerm.

    My vingers gly oor die glade skerm soos ek jaag verby alles wat ek nie wil lees nie. Daar is soveel inligting en net so min tyd. Te veél nuttelose woorde as jy my vra. Woorde wat kla en kwes. Woorde wat seermaak en afbreek. Uiteindelik kom ek by dié woorde wat ek wil lees, die woorde wat my gevangenis hou tot die einde. Tóg trek ek my boek nader en die gevoel van dun papier wat ruik soos nat koerant maak my tevrede. Tevrede soos geen woord op skerm my ooit sal maak nie. Dit is die woorde en alles wat daarmee saam kom, wat dit juis só kosbaar maak

  • Woorde is vertrekkende voëls en terugkerende swerms. Dit verweef ons met die bewegende getye van idees in die kubersee. Woorde bestuif ons soos bye en laat ons gedagtes wasdom bereik. Woorde word die medium wat ons denke gestalte gee - soos olieverf op doek. Dit word die poorte waardeur ander toegang kry tot die vrugbeginsel van ons menswees. Woorde word die skietlood waarmee ons mekaar meet; aanvaar of te lig bevind. Woorde word ons grafskrif -. die ankers wat ons aan die hiermaals verbind - die sekstante waarmee hulle wat ons volg die toekoms in navigeer.

  • Avatar
    Tamaryn Abbott

    Digitale woorde hou my geselskap terwyl ek soms ure deur Facebook blaai. Dit omhels my gedagtes in 'n wêreld ver van die werklikheid op aarde. Die verbrokkeling van menslike konneksie word vinnig vasgepleister met 'n eenvoudige Whatsapp: "Haai, hoe gaan dit?“ Die afstand tussen vriende word weer ingeryg deur tien minute stille woorde heen-en-weer stuur. Woorde beteken alles. Op elke digitale platvorm vind ek my taal, lees ek my identiteit, en druk my emosies uit, alles agter die veilige masker van 'n helder skerm.

  • Antoinette Lourens
    Antoinette Lourens

    Wat woorde digitaal vir my beteken?

    Woorde is my digitale sneltrein wat voortspoed deur die wêreld. Dit skets denkpatrone aan medereisigers. My denkpatrone.
    Soms bereik ek 'n donker tonnel en dan raak my woorde stil. Ek snak innerlik na asem agter my masker.
    Dan, skielik, onverwags skyn die son, en drapeer ek my mooi woorde, deur middel van 'n sorgelose deuntjie, aan mede-reisgenote. Ek 'pen' dit ook digitaal neer.
    Hul glimlag toon hul verstaan my woorde, my taal is Afrikaans. Afrikaans is ek gebore. Ek rym graag met woorde.

    @Antoinette Lourens
    2020-09-11

  • Avatar
    Susan Mathews

    Woorde vir my is lewende skatkisse. Ek moes oppas dat ek nie te vinning skrywe sonder om my woorde te oorweeg. Miskien het ek net nie die tyd gevat om te dink; maar net gerageer het! My vingers kan dit doen; want nou het ek blitsvinnige tegnologie! Alhoewel werk my brein op sy eie verkiesde spoed; besig met sy eie gedagte, en gewoontes! Ek kan hulle net so tot by die onmeetlike, onkenbare kubertyd uitgooi; net sommer so laat uitspoel tot by ander se lewens in. Soms vergeet ek dat, later van tyd, moes ek hulle weer ontmoet!

  • Die Woord en Tegnologie speel saam en gee vir my die onbeSKRYFlikste geleentheid om my gedagte vir ander mense se genot voor-te-lê. Toneelstukke, gedagtes, idees en konsepte wat my verstom, verbaas en baie klein laat voel, vloei onder my vingers. Danksy kubertyd se inligtings stelsels is ek nooit “werkloos”. Die pad van die skrywende woord lê altyd voor, blink en besig. Elke dag sit ek my kaal voete tot in die “ koele-poel” van woordheidskap sowel as andersheid. Hoe kan ek dan teleurgesteld wees? Maar vind myself dag na dag altyd verfris op ‘n aangrypende woord-planeet van juigende kreatiwiteit.

  • Avatar
    Eshleen Samuels

    Woorde beteken vryheid van spraak dit help my persoonlik om oor seer te kom en dit leer my elke dag hoe om myself te weed dis n leefstyl van kommunikasie en iets waarmee almal kan saam stem dit beteken om opte bou of af te breek om positief of negatief te wees

  • Wat beteken woorde vir my?
    Digitaal of gesproke, woorde verf vir my die wêreld wat ek nie kan sien nie. Met woorde help jy my om die bok, wat daar vêr staan, te kan vashou en sy ligte bruin pels te kan voel.
    Met een woord keer jy my van grond eet, met een woord weet ek daar's gevaar.
    Woorde waarsku wanneer sig nie daar is nie.
    Woorde is ook alles wat mooi is vir my wat blind is.

  • Marietjie Warrington
    Marietjie Warrington

    Woorde is die musiek wat jou siel laat dans, jou hart laat sing en jou gemoed laat tiekiedraai! Met woorde kan ek skilder, rym, drome droom en brande blus. Sonder woorde is my wereld doof, stom leeg van liefde en hoop. Werk suinig met woorde - dit kan brand, kwes en moor!

  • Avatar
    Sunita Keyser

    Wanneer ek die oneindigheid van die digitale wêreld betree, is dit woorde wat rigting gee, woorde wat verken en grense trek - om 'n sinvolle pad te kan vind. Die elektroniese omgewing bring begrip van die belang, die betekenis en mag van die enkele woord. Voeg dit by of neem weg en 'n nuwe tafereel ontplooi. Ek kies my woorde met oorleg; strewe na digitale geletterdheid wat keer dat ek nie verdwaal nie. Woorde word die boustene van my innerlike belewing en verkenning van die verbysterende uiterlike wêreld. En agter my 'n dankbare digitale woordspoor wat vir altyd sal bly.

  • "Ek eet letters." Dit was my ensiklopedie-lesende oupa daar op sy leivoorwal. My ma het so woordeboek staan en lees op die dubbelbaliewasmasjien. Posdag is leesstof se papieromhulsels afgestróóp.

    'n Halfeeu later lê ek saans krultoon en skermlees. En skryf steeds op als: sommer laatnag 'n gedroomde gedig op 'n leë papierrol.

    Oupa se erf-ensiklopedieë met die waterspatsels wag vir die volgende geslag lettervreter. Klein Kokkewietie se handjies blaai en veeg reeds verwoed.

    Woorde neerlê, skryf of tik, bly die hokslaan van voordag se ligpootkinders. Woorde opskep, afsuig en in jou kies stop, verslawend.

    Al is die watervlekkies ook vingerafdrukke.

  • Yvonne Botha 14-9-2020 00:10

    Al is die toekoms digitaal, moet jou woorde nog steeds noukeurig en met oorleg gebruik word.

    Slim woorde kan diplomaties oortuig en oorloë beeindig

    Sagte woorde kan hartseer troos en genees.

    Wrede woorde, genadeloos verskeur.

    Woorde van leuens soos bitter gal deur ore opgeneem en geestelik verwar.

    Woorde van passie en drif wat adrenalien deur jou are laat bruis en aanspoor na die onbereikbare.

    Liefdes woorde wat heel maak. Wat bekoring en vetroue opwek in babas en hoop en vertroosting vir die vergete in ons midde.

    Woorde, lewensbloed van ons menswees.

    Daarsonder is ons kleurlose, lewelose doppe.

  • Ek sal die prys vir Ilna Stander hierbo gee. Die ander 'geskrifte' is gemik op die prys en nie op oortuiging nie.
    Kan jy die stof van 'n digiboek afblaas, kan jy voorin kyk en name en boodskappies van jare gelede lees, jou laat wonder oor die twee persone betrokke, hoe het die boek hier op die R5 boektafel beland - watter paadjie het hy geloop?
    Ons lees boeke van twee eeue en meer. Hoe lank gaan die digiwoorde behoue bly met die aanhoudende verandering in die digiwêreld - daar was 'tapes', 'CDs' en nou 'tablets'. Wat van digitaal, die kriptiese onverstaanbare sms'e wat jonges leer hoe om nie spel nie.
    Gee my 'n gedrukte Boek! Wanneer ek ophou lees kan ek my 50jaar oue boekmerk gebruik vir wanneer ek weer wil/kan lees.

  • Woorde in 'n digitale wêreld beteken toegang.

    Toegang tot nuus wat nie meer in harde formaat beskikbaar is nie.
    Toegang tot leermateriaal omdat ons nie sáám in een klaskamer kan verkeer nie.
    Toegang tot ontspanning, want die biblioteke en boekwinkels is nie "noodsaaklike dienste" nie.

    Maar bo alles is digitale woorde toegang in ander mense se lewens, mense wat digitaal uitreik na mekaar, saamkom en lekker kuier deur middel van 'n rekenaar- of selfoonskerm en ondersteuning bied aan diegene wat alleen en afgesonder voel.

    Woorde bring ons na aan mekaar - maak nie saak in watter vorm nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top