
Foto: Canva.com
Bring vi my die lente
My deu staan oep vi djou, my kind
Ek wens djy wil wee djou pad huis toe vind
En as djy op ’n dag ’n drai kô maak
Doen tog vi my ’n favour
(Want ek hettie krag vi nóg drama nie)
Los groot asseblief die winter daa
En bring vi my die lente saam
As ek en djy net wee gesellig
Buite oppie stoep kan staan
Miskien ’n choppie kan braai
En planne beraam
Oorie onsieker toekoms
Wat my snags lat wakke lê
En my lat worry
Want alles lyk soe donke
En onbekend
COVID-19 het ôs altwie op
One way or another geskend
Ek is omring deu mense
Tog voel ek soe allien
Hoe gannit rêrag met djou
En met my kleinseun Dio-Gene?
Voel hierdie jaar met al sy challenges
Vi djou oek onbeskryflik lank?
Wens djy oek soms djy kannie lotto wen
Omdat daa niks geld is innie bank?
Ek velang om weerie lig vannie son
Innie verte te sien skyn
Miskien help ’it ommie trane
In my gebroke hart te lat vedwyn
Djy is vry, my kind, om aan my deu te kô klop
Soelat ôs hierie wrywing tussen ôs kan stop
En vorentoe kyk na ’n niewe seisoen
Mettie lug sonner wolke, die gras heldergroen
My kind, 2020 is ’n difficult jaar
Nes djy, wonne ek oek hoe lank nog
Voorie storm bedaar
Ek wiet ôs is al deu erger dinge as dit
Ôs maggie moed veloo nie
Ôs moet aanhou gloe
Aanhou hoep
Aanhou bid
Voo ek vegiet
Net soelat djy oek wiet
Antie Dot sallie hierie jaar
Die lentebloeisels deu haa venste sien
Of die voëls innie boeme voo haa huis hoo sing
’n Engel vannie dood het haa gan besoek
En ’n einde aan haa pyn gebring
My deu staan oep vi djou, my kind
Ek wens djy wil wee die pad terug huis toe vind
En al kom djy oek volgende jaa hie aan
Los asseblief die winter daa
En bring vi my die lente saam


Kommentaar
Jy het my hart geroer! Knap gedaan. Mag jou lente gou kom
So oulik bewoord. Ek kan myself lees in die woorde. Lente is nuwe lewe... Nuwe hoop, nuwe belewenisse. Mag die Lente opgevolg word deur ons Somer en sodoende die baan voltooi.