Elders gesien
Elders gesien: Graaffernet-mense
2022-02-17"Anton Rupert se pa I didn’t know, maar dink hy was ’n prokureur in Kerkstraat. Practise gehad in die Parity 3rd Party se gebou oorkant die Advertiser. Hulle family, veral Anton en sy kind Johann, het so baie vir Graaff-Reinet se geskiedenis betekent. Hulle is later Stellenbosch toe."
Elders gesien: Uitrysondae
2022-01-25"Ouma het solank ’n haarnet opgesit, ’n skoon hankey uitgehaal, en gedêb met Potters en Moore, en onder die horlosieband ingedruk. Sy was reg vir die uitstappie as Oupa van die sidestoep roep. En vinnig buk sy oor die medisynekassie langs haar bed vir ’n mespunt Mentholathym in die neusholtes, just in case die stof haar hay fever gee."
Elders gesien: Meat Loaf in Swapo-wêreld
2022-01-24"Ek gaan luister eenkant in ’n hoek. Die lirieke is vars, uitdagend, rou. Met “Paradise by dashboard light” kyk die troepe betekenisvol in my rigting. Soek reaksie. Ek ignoreer dit. Hulle speel die plaat Bat out of hell (1977) oor en oor en ek verwonder my al meer oor die slim en poëtiese woorde en musiek."
Begrafnis
2022-01-17"Hierdie stomme lyk moes buite in die straat (binne in die hearse), in Graaffernet se warm son bly lê. G’n boom in sight vir bietjie skaduwee nie. Dis dié laat ek toe die hoë note insit."
Sondes van die vaders besoek die kinders
2021-12-31"As die kinders se vaders vandag nog soveel haat uitstort teen iemand soos Desmond Tutu, moet dit tog op een of ander manier oorgedra word aan hulle kinders en ook aan húlle kinders."
Arch (Desmond Mpilo Tutu)
2021-12-29"Jy
bou ’n brug oor die kloof
tussen Casspir, suburb en township,
maak geloof, gebed en God weer hip en relevant"
Seen elsewhere: A funny experience while shopping for Christmas
2021-12-23"We have to keep on reminding ourselves how lucky we are. I’ll tell my grandson, who requested the caviar, where the money went."
Elders gesien: “Waar is weg, Mamma?”
2021-12-22"Vandag het ek die molshoop-masurka gedans. Gewapen met tuinhandskoene en plastieksakke was my weeklikse pilates-oefeninge om op-en-af te buk, gemors te pluk."
Krismistyd op Graaffernet
2021-12-21"Op sulke alleen krismisdae wat ek nie meer familie had nie, en so stoksiel alleen was in ander dorpe, het ek die rooi en die geel rose ge-embroider wat in my bedroom hang. Net krismisdae allenig. En elke steek was ’n traan."
Krismistyd as daar droogte is in ons liewe Karoo
2021-12-20"Ja nee, kyk, groot droogte in die somerstyd was maar hel op aarde, especially op onse Graaffernet. Sulke jare was daar net witvleis van hoenders op die Krismistafels."
Elders gesien: ’n Wind wat jou laat stry met mense vir wie jy lief is
2021-12-18"Die wind maak my weemoedig. Nie daai wind wat in PE of die Strand waai nie. Disse fancy wind vir stadsmense wat iets soek om oor te kla. Ek praat van ’n stofdroog, Oos-Karoowind."
Elders gesien: Herman Binge ons mis jou
2021-12-17"Soos ’n saghartige vader loop hy van een persoon op die stel na die ander en deel lekkergoed en biltong uit, maak vriendelike geselsies met akteurs en tegnici, maak seker almal is oukei."
Elders gesien: Herman Binge, in memoriam
2021-12-17"Ons lewens was op baie maniere in mekaar vervleg. Ons het vir die eerste keer ontmoet op Stellenbosch, toe ek in matriek was, en Herman het altyd gesê ons kon bloedbroers gewees het."
Elders gesien: Ek is kwaad
2021-12-13"Ek is kwaad, want die feit van die saak is dat antivaksers die rede is waarom die virus nog hier is en muteer."
Elders gesien: Sekere goed kan ek eenvoudig nie weggegooi kry nie
2021-12-03"Maar ek glo ook nie meer in ’n lewe na die dood of in ’n wederkoms en eindoordeel nie. Vir my het die Aarde oor die afgelope twee dekades in belangrikheid toegeneem. Ons is van die Aarde en keer eventueel na die Aarde terug. Aarde is ons enigste woonplek en ons moet die woonplek koester en bewaar."
Biltong
2021-11-29"Daar was heelwat biltonge meeste kere, want dis mos nie so groot soos bees- of koedoebiltonge nie. En dan het elkeen draadhakies gekry. Nogals ’n job gewees om als deurgesteek te kry … Dan was dit op met die trappies na die sidestoep toe met al die skottels vleis."
Elders gesien: Theuns Jordaan en vanjaar se verliese
2021-11-17"Wat ’n stem. Wat ’n stilte waarmee ons wat agterbly, moet saamleef."
Elders gesien: Die owerheid en die brandslang
2021-11-16"Nou Jack hy was tandarts. Dis die wat hul kom roep want hy’s naaste aan ’n dokter. Mense het sy kar voor die hotel geken (’n rooi Merc – nog die square shape)."
NALN gedenk Wilbur Smith
2021-11-14"Smith het bykans 49 topverkoper-romans geskryf en altesaam meer as 140 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop. Sy romans is in vele tale vertaal."
FW de Klerk en die twee video’s
2021-11-12"Die twee video’s het my lank bygebly en ek het die hele aand nog loop en respekte betoon aan die groot kringloop van lewe en dood en hoe ons almal onafwendbaar daardeur beweeg."
