Elders gesien: Afrikaans is nie ’n weggooitaal nie

  • 0

Danie van Wyk skryf op 12 April 2022 op Facebook:

"We came, we saw, we conquered."

Afrikaans is ’n inheemse taal, Afrikaans is ’n nasionale bate, Afrikaans is nie ’n weggooitaal nie. “Dala Afrikaans!” is van die slagspreuke wat vandag in Pretoria se strate weergalm het.

DAK Netwerk het opgeruk na die kantoor van die minister van hoër onderwys en opleiding,  dr Blade Nzimande, waar ons versoekskrif aan hom oorhandig is in die persoon van Fundiswa Sotenjwa: Director Stakeholder Engagement.

Ons het dit gedoen omdat hy DAK Netwerk se versoek ignoreer en ook omdat hy hy nie gereageer het nie op die dokument wat reeds in Augustus 2021 aan hom gestuur is, waarin volledig verduidelik is waarom Afrikaans ’n inheemse taal is.

Ons het ons oproep tot hom herhaal vandag en hoop dat hy gehoor sal gee. Indien nie, sal ons tot die oortreffende stap oorgaan.

"Ons kook nie sag nie", soos die mense van Oudtshoorn sal sê.

Ons versoek dat hy ons sal respekteer en steeds sy belofte tot ’n oudiënsie met DAK sal nakom. Tyd sal egter leer ...

Melene Rossouw, Fatima Abdool, David Jantjies, Anthony Wilson, Petro L M Gordon, Willem Fransman, Benjamin Lawrence en vele ander – baie dankie vir julle ondersteuning.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top