Elders gesien
Seen elsewhere: Our boy One Ear had died
2023-01-04"When you tell people your donkey died, they are conditioned to laugh, such is the stigma attached to a donkey. But he was a member of our family. I turned down a job at UWC because of him."
Elders gesien: Nog ’n groot Afrikaanse seder het geval
2023-01-03Seen elsewhere: Why I stand with #AndreDeRuyter
2022-12-28"Socialists and social democrats should base our positions on justice with evidence not cries of 'the racist is removed'. We need more De Ruyters not less."
Elders gesien: Koors in Kuruman
2022-12-19"Hulle haal die suurstofmasker af en laai haar in ’n rystoel na die mediese saal. Die nagpersoneel sit vas en slaap. Hulle rig ’n bed in en sit die druppe op – antibiotika, kortisoon, steroïdes, pynstiller. Veertig minute later het hulle nog steeds nie vir haar suurstof opgesit nie. Ek maak oorlog."
Seen elsewhere: How to become a failed state
2022-12-14"It starts with things like actually accepting loadshedding as a fact of our lives and organising our existence around it. We have become very dangerously accepting of misgovernance in our country."
"My lewe in Oesbekistan": sirkusse, Botox, melktert en die huweliksnag
2022-12-13"Ná die tyd loop ek en Rahimjon deur die strate van Gazgan. Ons loop en sing. Om ons is die sterre, die marmer en die klip ons enigste gehoor."
Elders gesien: Ek skryf al hoe minder
2022-12-08"Ek het hom vertel van die onverwagse uil op my huis se dak teen sononder Sondag."
Seen elsewhere: Phala Phala and the rather dubious provenance of the allegations
2022-12-06"In so far as many are making claims of corruption, money laundering, exchange controls and tax violations, no such case has been brought against the President and he has not had an opportunity to put up a defence in that regard. To seek to condemn him on this basis is unfair, especially in light of the rather dubious provenance of the allegations."
Seen elsewhere: Preventive action averts Knysna-like catastrophe in Gqeberha
2022-12-05"The country does not belong to the government, it belongs to the people of South Africa. The intervention in Gqeberha is a living example."
Elders gesien: As akademikus probeer ’n mens altyd ’n sinvolle bydrae maak
2022-12-05"Die boek is vernuwend in ’n belangrike ander opsig: Danksy die tegnologie van die dag is dit moontlik om slegs die hoofstukke te koop wat jy nodig het. Ons hoop natuurlik almal koop die hele boek!"
Elders gesien: Dalk is Phala-Phala op die lang duur nie net slegte nuus vir ons nie
2022-12-02"Ek wonder dus of dit enigsins erger sal gaan as tans, indien Ramaphosa die eerbare ding sou doen, naamlik om te bedank. Dit mag dalk net die laaste strooi wees om die ANC-kameel se rug te breek om SA se verlossing van hierdie voormalige vryheidsbeweging se korrupte bestuur in te lui."
Elders gesien: Vandag is 1 Desember
2022-12-01"Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui. Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie."
Elders gesien: Graaffernetters is grand mense
2022-11-28"Morley mos altoos met sy grys flannels, mens’ sports jacket met ’n sagte cashmere pullover en Windsor knotted tie, a proper gentleman. En die wit panama hoed so net-net skuins getilt en handjies altyd agter die rug. Nes prins Philip, was Morley die epitome van ’n properste English gentleman."
Elders gesien: Ouers se bagasie wat die kinders dra
2022-11-28"Die ontmoeting met Ita was ’n heilige ervaring; ’n herinnering dat die dinge wat ons aan kinders doen en vir hulle sê ’n lewenslange impak het."
Elders gesien: "My lewe in Oesbekistan" – skoolkonsert, ekstatiese danse, opera en hartsake
2022-11-21"Die alledaagse goedhartigheid van hierdie nasie tref my altyd soos ’n sonstraal wat deur die reënwolke breek. Ek hervat my wandeling deur die strate op hierdie grys dag, maar in my gees is dit ’n helder sonskyndag."
Seen elsewhere: Afrikaans
2022-11-21"Thanks, Charlize, for your sentiments. They are amusing but untrue. In the stillness of the Karoo night we hear the poetry of remembrance, words drawn from the earth, from blood, suffering, yearning and a deep love of the land."
"My lewe in Oesbekistan": Die vensters van die siel, Covid en joga
2022-11-17"Ek vermoed dat Oesbekiese musikante die mees ongelooflike binnepret het terwyl hulle speel, maar ná jare en jare se koue oorloë, streng onderwysers en suur standbeelde, bly die pret binne. Voor die vensters van die siel bly die gordyne dig toegetrek. Nou, wanneer ek musieklesse gee, maak ek seker dat elke kind verstaan: Die vreugde van menswees hoef nie binne te bly nie. As jy wil dans, laat waai. As jy wil lag, skater."
Seen elsewhere: Some things that don’t ring true
2022-11-17"Quite apart from the comments about Afrikaans, Charlize said some other things that don’t ring true to the South African ear."
"My lewe in Oesbekistan": Oor tandartsbesoeke, begraafplase, woonstelpret, ryloop en spoeg
2022-11-08"Dis onvermydelik: Op een of ander stadium moet ’n mens by ’n tandarts uitkom, of jy nou in Tietiesbaai of Timboektoe bly. In Suid-Afrika was my tandarts Emma – ’n sagte mens met helderblou oë. Emma het my altyd laat kies tussen vyf geure wanneer sy my tande gepoleer het. Min het ek geweet hoe baie ek eendag vir Emma sou mis."
"My lewe in Oesbekistan": Medeklinkers vir Afrika, moltreine, ’n vrat en gebaretaal onder die water
2022-11-01"Om ’n vreemdeling in ’n vreemde land te wees kan soms eensaam raak. Veral naweke. Dis hoekom ek elke naweek in die plaaslike swembad gaan lengtes swem: ’n salige onderwaterwêreld waar ek veilig en ver verwyderd is van my eensaamheid en die mensdom se dramas. Op en af swem ek, 40 lengtes, 40 minute lank, die geluid van die water ’n sussende ritme." Emile Minnie beskryf sy lewe in Oesbekistan.
