Elders gesien: Moet namens die leser besluit word wat is goeie leesstof?

  • 0

...
Ons luister by die boekwinkel se till.
...

Marnus Hatting skryf of Facebook:

’n Bitter bekgeveg het op die binneblaaie van Facebook uitgebreek met etlike grootnaamskrywers van “goeie” boeke wat kaalvuis onder die skryfsters van romanses inklim en sê dit “verdien nie ’n resensie nie”.

Een sê reguit slegs hogere werk moet geresenseer word, terwyl ’n ander voorstel dat pleks van sterre boaan ’n romanse se resensie, moet daar rose geplaas word.

*

Moet slegs “kuns” geresenseer word? Wie besluit wat is goeie werk? Waaroor wil lesers lees? Moet ’n resensent tussen genres kan onderskei? Moet sekere genres uitgesluit word van enige bespreking?

Moet namens die leser besluit word wat is goeie leesstof vir hom? Moet ons terugkeer na die ou SAUK, toe gesê is die volk moet na Danie Botha se “Wenners!” luister en nie Kerkorrel nie?

Ons luister by die boekwinkel se till.

Lees ook:

Kompetisie: Jy kan ’n stomende Romanza wen

Eerste slukkie: Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top