...
Ons het min gespeel, ‘cause ek’t nooit remember waar die swart king en die wit king moet wees nie en forgot always was it knights of bishops eerste van die castle?
...
Elise Bishop skryf in die Graaff-Reinet History Group op Facebook:
Since kleintyd al op Graaffernet, in my memories van oupa se study onthou ek die ou Morris-stoel just to the right van die desk. Ek kon altyd op die arm van die stoel sit as oupa my geleer het van the square on the hypotenuse is equal to the sum of the squares on the opposite two sides …
Jirre ek’t ge-rattle om daai resitasie te remember en dan raak oupa impatient, hoor! Sy ronde brilraam se lenses wasem skoon op van ongeduldigheid.
En van isosceles triangles en bunsen burners moet jy my niks question nie.
Ek het gelike van resepte en Fyngoud en Tryna du Toit se library books en ouma se somershuisie met die moss ferns, coleus en peace in the home plante wat so mooi groei onder die dak van mudsakke tied to long poles to make shade. Ouma het always gesê die Karooson skroei hulle blare.
Agter die glass door was die rak teen die muur vol van oupa se roers en kieries en op die ground die twee casies met sy bowls. Een van die greens van die bowling club het hulle na hom gedoop: die Barnard green. Hy’t championships gespeel. En dan was daar ’n huge bookshelf van top to bottom vol boeke van science en maths en geography and you name it. ’n Lang riempiesbank, die groot ou regop wireless wat net shortwave speel en die divan onder die venster.
Sometimes as hy die bottel Jewellex aside sit, na hy horlosies reggemaak het, sy miniature skroewedraaiers in die box bêre en al die homework books opsy stoot, dan het oupa gesê ek het nou genôg geleer en ek kan maar die bagatellebord uithaal onder die divan. But I must mind laat hy nie stamp en niks gedamage word nie.
Ek was dan omtrent excited.
Dit was vol klein spykertjies en vlak gaatjies met ysterballbearings in die slootjie by die spring wat jy one at a time skiet as jy die spring styftrek, backwards en los. Dan skop daai spring die ballbearing tot teen die top vannie board. Die bruin board was van soft light wood met skuinstes teen die sides, solaat jy so teen ’n skuinste die balls kan opskiet to the top of the board.
Ek kon hom maklik optel as ek hom uithaal onder die divan. It was very light. Maar darem nie soos balsahout wat oupa die aeroplanes mee gebou het nie. Dié board het aan die bokant ôk gelyk nes die archway by Muriel Nicol se entrance in Cypress Grove. So ’n ronde semi circle. En die spykertjies was in curves by allie vlak holtes waarin die iron ballbearing moes val en every hole het ’n score gehad. Ever so dainty geverf, nogal in goue syfers nes Roman print. Oupa het score gehou.
Skiet mens té hard dan hol daai ball die hele board vol en jump in dié een gaat na die next gaat en nog een en skielik you find hy’t geval in die onderste voortjie wat nil score. Die ball rol dan ewe parmantig na die spring se kant toe en jy kan weer ’n chance kry vir skiet. Oe, oupa het nou gelike as ons dit speel. En dit was so exciting as jy groot gescore het. Ek kon sy valstande sien, wat geel word van al die cigars wat hy rook, as hy so lekker wyd en tevrede smile. Oupa het net met my gespeel en never met ouma. Maar hy’t ook maar vinnig bored en ongeduldig geraak, ‘cause ek kon nie die spring so lekker gewoond raak nie en skiet uneven of mostly te hard. Dan spring die ball sommer oor die rand vannie board af en ek moet kruip onder die stoel in om dit te gaan soek.
Ons twee kon lekker speel as hy in the mood was. Oppie bord so dwars gestel oor die Morris-stoel se armleunings. Die stoel het gestaan onder die family wapen vannie Barnards en oupa se graad certificate. Hy was B.Sc gequalify. G’n mens kon daai woord sê nie. Maar hy’t gesê hy’t gaan leer by die groot skool in Stellenbos.
Dan skrik ek skielik hard weer, ‘cause why hy vra sommer out of the blue mens moet die six times tables opsê. Dan kry ek skoon ritteltits… En recite ek nie reg nie dan’s oupa weer impatient! Mens het jou hande tog so vol to please everybody…
Ander dae het ons chess gespeel. En dit was a commotion, want elke slag as hy die houtboksie uithaal uit die drawer, kan mens sien hoe’t ek noughts en crosses gedraw oppie hout and always he had something to say about that.
Ons het min gespeel, ‘cause ek’t nooit remember waar die swart king en die wit king moet wees nie en forgot always was it knights of bishops eerste van die castle? En die pawns kon nou twee blokke move en dan weer net een-een. Dit was so confusing en oupa het my altyd getrump. But sometimes het hy moves gemaak on my behalf, soos hy my teach om te speel en dan het ek op en af gespring van excitement, want dan het ek gewen. Why, of course, I couldn’t care. Ek’t gewen so whê!
Thank the Lord dan is dit time dat ek ouma se tee kamer toe vat, want dis al quarter to four en sy moet klaar gerus kry nou en opstaan. Black tea met net ’n kwart lepel suiker.
Dis sulke tyd wat oupa disappear het in sy Mercury na die club toe daar oorkant die Groote Kerk om te gaan billiards speel met sy vriende. Dis glo baie same as bagatelle. Maar hulle skiet met stokke – niks springs nie, sê oupa. En dan drink hulle spots ôk! Kinders mag nie ingaan daar nie. Net vir grown ups. Ladies ook nie. Only men!
Meanwhile, terwyl ouma aantrek, het sy gesê kan ek twee Marie biscuits uit die biscuit mandjie in die sideboard vat en hop-scotch loop speel oppie koeltestoep tot mammie kom vannie job af. Maar ek moet versigtig wees by die glass door laat hy nie slaat nie. Sometimes het ek drie gevat,dit was darem so nice!
As mammie arrive het en almal klaar hallo gekiss het, het ons oppie sidestoep gesit en mammie het al die news vertel van by die werk en who all she saw en wie’s siek en wie’s dood, and so forth.
Ek moes dan solank gaan soda maak in die syphon innie pantry. Met tank water uit die kruik. Die swaar syphon was gebêre langs die broodblik by die bottels Milk of Magnesium, Sanatogen en ’n groot blik Klim. Ouma het boksies toothpicks in dié blik gebêre. En dan ook nog oupa se kali-fosfaat en ’n groot bottel Multivites. Hy’t sometimes vir my ook gegee, dan sê hy I won’t get colds.
Ek het dit niks gelike van dié soda water maak nie, ‘cause wanneer jy die pellet ingedraai het en finish gepuncture het, moes hy weer uitgedraai word, but slowly, and it’s thén wat hy just só hard geskiet net, soos ’n gun wat gefire word as oupa gaan koedoes skiet op die plaas!
Party smiddae mammie played piano in die sitkamer en you can then hear “Autumn leaves”, “As time goes by”, “Goodnight Irene” en still nog many more. Dan het ouma en mammie elkeen ’n spot gevat en ek het soppertafel gaan dek.
Dit was nie lank ôk nie, dan het ouma gesê sy gaan die club phone sodat Arthur sê oupa moet huistoe kom. Supper is on the table!
En lekkerste innie aand, na skottelgoed, kan ons by die wireless gaan sit en aandgodsdiens luister en afterwards was “Die du Plooy’s van Soetmelksvlei”. Die grown-ups kon so lekker lag vir ou Naas. Maar ek’t geluister vir die mooi tune wat die storie announce. Dit was nie boeremusiek nie. It was classical, 18th Variation on a theme by Pagannini. Whoever dié buitelander ookal was … But dit was vir my darem so beautiful.
Ja jong, those were the days toe mens nog kinders was op die Jewel of the Great Karoo en jou mense nog nie langs die grondpad Kroonvale toe gaan wegkruip het onder die sipresbome nie.
My se geliefde Graaffernet en sy dinge.
Ai, hoe long ek dan nou!
Kommentaar
NOU LEKKER GELEES AAN ELISE BISHOP SE STORIE OOR GRAAFERNET. JULLE KAN GERUS VIR ONS 'N BOEK PUBLISEER MET AL HAAR KORTSTORIES. DIT SAL SOOS SOETKOEK VERKOOP. SY IS SKREEUSNAAKS.
Lekker gelees met 'n groot glimlag! Kostelik, Elise!