Elders gesien: Graaffernetters is grand mense

  • 7

Foto: Izak de Vries

...
Morley mos altoos met sy grys flannels, mens’ sports jacket met ’n sagte cashmere pullover en Windsor knotted tie, a proper gentleman. En die wit panama hoed so net-net skuins getilt en handjies altyd agter die rug. Nes prins Philip, was Morley die epitome van ’n properste English gentleman.
...

Elise Bishop skryf op die Facebookblad Graaff-Reinet History Group:

Kyk, innie capital vannie Karoo, Graaffernet, encounter jy fascinating mense. Especially virrie child se mind.

Deesdae is dit mos nou ’n extention vannie girls hostel Herby Arnott, Max Kroon House. But in my se tyd was dit die home of the very English Morley and Dorothy Parsons. Dis hulle wat dié huis laat design en bou het.

Waar hulle vandaan gekom het, hulle history en destydse toekoms, weet ek niks. I just remember what I saw and remember. Maar at first glance kon jy sien dis mense wattie arm issie en breeding nes die pure bred perde van Richmond en Colesberg het.

Morley mos altoos met sy grys flannels, mens’ sports jacket met ’n sagte cashmere pullover en Windsor knotted tie, a proper gentleman. En die wit panama hoed so net-net skuins getilt en handjies altyd agter die rug. Nes prins Philip, was Morley die epitome van ’n properste English gentleman. Sag gepraat en gelag dat mens hom kwalik kon hoor en sy cut glass whisky glas altyd vasgehou met die pinkie so effens gelig. Klein ogies wat loer oor sy rimless brilletjie het jy net altyd bewus gewees van sy sinlike manhood as hy suig aan daai dik Winston Churchill en Ritmeester cigars wat hy eers met iets soos a nail clipper oppie koppenent knip. Dan steek hy dit belustig op met ’n paar puffs tot die kool gloei. Ek kon my altyd vergaap aan dié ritual van hom.

...
Haar grys hare was nes die Queen gestyle, but sonder die kiss curls oppie voorkop en met Glodina gespray vir shine. Haar gesig was altoos wit gepowder puff en lippe shining blood red.
...

Dorothy, in haar pure cotton floral rokke, op Norman Hartnell-patrone, gesny en in haar spierwit, plat, pure leather, gestrapte toetoon-Triple Star-sandals en ’n lang cigarette holder, met een wat aangesteek is daarin, ever so slightly weg van haar gepoeierde gesig, to the left gehou dat sy net kort-kort haar kop kon draai to take a swig en die blou rook ever so ladylike demurely in die lug te blaas terwyl sy haar gryskop agtertoor hou. Net Westminster 85’s nè. Nothing else.

Haar grys hare was nes die Queen gestyle, but sonder die kiss curls oppie voorkop en met Glodina gespray vir shine. Haar gesig was altoos wit gepowder puff en lippe shining blood red. Sy’t ’n breërige very regal arched nose gehad waarop haar goue raam bril met donkerige lenses wydsbeen geblink het. Haar pofferige wange het altyd bietjie oor die hoeke van haar mond gehang en gedril nes ’n boeretannie se sagte, swingerige broodknieg boarms ’n indent maak agter haar elmboog as sy ’n kortmou rok dra. En Dorothy se neusvleuels was altoos opgetrek asof sy iets sleg ruik. Sagte hande met net clear Cutex varnish om haar naels sheen te gee. But as Dorothy praat, kon jy haar very distinctly hoor en verstaan, even though sy met ’n English drawl converse het.

Hulle het al twee melkwit velle gehad en oppie wange, neus en hande bo-op albei groot bruin ouderdom’s sproete, cum vlekke, gehad. Very allergic virrie Karoo se scorching sun.

Kyk, hulle was nou werklik twee upper cut English folk wat jy kan imagine net in high society circles gemix het. Possibly miskien ok saam mettie Queen. Niks se geskinder, just politics, justice en world affairs.

As hulle wegtrek met die spierwit Pontiac met sy gepunte sterte uit hulle driveway was dit nou rêrig ’n stately affair even though hulle eintlik very down to earth was. Morley het altyd very gallantly sy hoed gelig as hy aunt Dorothy se deur oopgehou het om haar te laat inklim boude skuins-agteruit gedraai eerste in, met kniekoppe styf  bymekaar saam ingetel. Ever so ladylike. Jong ek sê vir jou.

Hulle was so Oupa en Ouma se ouderdom en vriende van die Bowling Club. Morley het ’n investment besigheid gehad. Iets te doen met die Board of Executors. Dink ek.

Hulle was vriende met oupa- en ouma-hulle (altyd saam bowls gespeel), die Van Rensburgs en Allistouns ook, maar dan meestal vir ’n cocktail party en verjaarsdae. Ook die Kingwills en Rubidges. En die Murrays. Hulle was almal highfalutin Engelse van die distrik. Propperste 1820 stock.

Hulle het g’n kinders gehad nie en sodat hulle Krismis nie alleen is nie, het hulle met die Sterling Castle usually boat trips gedoen na Lourenço Marques en Beira in Mozambique uit die Kaap uit. Dan het aunt Dorothy altyd vir Mammie die swart boksies rainbow coloured Perrilys cigarettes met die goue filters in ’n see through perspex cigarette case, met die skip se prentjie daarop gepaint, as present gebring.

Ai, those were the days…

Nou einste Morley and Dorothy het in hulle lounge twee yslike framed prente gehad: talking pictures. Dit was fascinating. Vir ’n child mind was dit simply overwhelming. Regte bont geskilderde prente. Die mense in die prent kon beweeg en praat. In high English of course. Jy’t die prente opgewen, nes ’n mantlepiece klok, en switch hom aan en hy speel. Die vrou bak scones innie scene en die man rook pyp. Die seuntjie speel karretjies en die meisie speel pop. In die ander prent was dit mainly treine en karretjies. Die drywers waai en lig hulle corduroy kêpse in passing.

As ons gaan kuier moes ant Dorothy eers vir my die prente operate voor ek by die tafel in die kombuis cooldrink en biscuits gekry het en ’n colouring book om my besig te hou, voor hulle almal op die chesterfield suite in die sitkamer gaan sit en chat en tee drink het. Aunt Dorothy met haar elecution English my dear en die cigarette holder hoog in die lug en die blou wolk twakrook boontoe geblaas, ceiling toe.

Arme Mammie het altyd als gemis ‘cause why sy’t gewerk.

Nou kyk, daar waar Kerkstraat die draai maak om Barclays Bank se hoek, by die visdammetjie en die bankhuis het jy Andy se hairsalon en Jack Laubscher se “tandartswinkel” gekry. Lollipop was Dr Jack se back office assistant once. Op die boonste verdieping was Charlie en Helene Cubitt se flat. Hulle seunskind was ’n advokaat in die Kaap.

Laterjare het Joey Theron die hare salon gehad. En sy was baie bekend, want sy was getroud met een van die broers van Theron’s Garage.

...
But daai Andy was ’n gedaante om te aanskou. Always dressed in white. Tot die skoene. Sy wit langbroek safaripak se baadjie het styf gespan oor sy groot boepêns met swart hare wat uitkrul by die collar en by die groot gaps tussen die knope.
...

But daai Andy was ’n gedaante om te aanskou. Always dressed in white. Tot die skoene. Sy wit langbroek safaripak se baadjie het styf gespan oor sy groot boepêns met swart hare wat uitkrul by die collar en by die groot gaps tussen die knope. Sy eie bos hare oppie kop altyd gestyle met La Pebra Ointment. Yslike kieste glad geskeer.

Hy’t altyd klein steps gemaak, knietjies bymekaar, rondom die stoel as Mammie haar hare laat doen, met sy arms en gekrulde vingers wat dans in die lug. Pinkies wat wyd staan, my dear. Mens sien net blink ringe sparkle en die blou tailcomb wat agterna kom, soos hy die vlegsels om die bolla draai ennie hairspray spuit. En hy gesels asof hy betaal word. Dun lippies, rondom die klein pruilmondjie met ’n klein stukkie goue vulsel op die hoek van die voortand van die gebit. En dan lag hulle. Ek hoor almal so saam in die salon giggel en lag terwyl ek by die fishpond voor die bankhuis op my maag lê op die rooi sementstoep en vergaap aan die goudvissies met groot blinkswart oë.

By Dr Laubscher se tannehospitaal loop mens ommie hoek in Mullerstraat. Die Girl Guides het hul meetings oppie linkerkant gehou, oorkant die huis waar Louwtjie Barnard se suster en swaer gebly het. Hy was meesal weg want hy’t getravel vir Rembrandt van Rijn. Mullerstraat het nie sypaadjies gehad nie en jy moes kyk waar jy loop dat jy nie in ’n leivoor trap of glip op ’n dennebol nie.

Nou as jy by daardie straat se mond uitloop in Bourke Street in, loop jy vas in Lily Nel se huis. Sy was so ’n kwaai teacher by Volkskool gewees. Kinders het maar wyd gestaan vir haar met die geboogde Roman nose. Next door was Flippie en Joan se tuishuis. Sy het storieboeke geskryf en hy’t geboer. Die gemeente kon hulle altyd so verkyk van die galery af as hulle in gelid instap familiebank toe in die oggendiens. Flippie staan so swanky, ewe gentlemanly, opsy dat al hulle meisiekinders eerste kan inskuif en dan agterna eers Joan, almal getooi in die mooiste en grandest hoede van Cleghorns, hoor. Dan kon Flippie eers geboë hoof tot sit kom, net toe die deur oopmaak en die binnekoms en opmars van die ouderlinge en diakens begin. Oh shame man! Dit was omtrent vir jou timing daai hoor! Sondag vir Sondag.

And only then met die laaste lui van die klok kon die dominees die preekstoel bestyg en Dollie Terblanche die orrel se pype ooptrap met die openingsgesang.

Nee kyk, Graaffernetters is grand mense. All of them!

Lees ook:

Middelstraat in die “Gem of the Karoo”

Twee lewens deur Elise Bishop, ’n resensie

Oupa en Ouma se kombuis

  • 7

Kommentaar

  • Santie Dold-Chapman

    Jy vat die Graaff-Reinetters fyn vas, Elise!!! Hoe lekker kuier ek saam met jou; al die klein dorpies het hulle 'grand' mense gehad, wat die dorp mos ’n bietjie sprankel gegee het, soos die Queen van Engeland!! Andy het ’n nooi van Colesberg getrou, ook daar eers ’n salon gehad ... hy het mos glo met eendjies in die bad gespeel as hy gebad het in die aand; so ’n hele versameling op die bad se rand, so het die storie geloop!!

  • My tone krul van lekkerte om hierdie te lees en in my gedagtes te laat herlewe. Geen film sal aan hierdie vertelling reg kan laat geskied nie.

  • Ek LIEF die vertel van die stories van destyd se Graaff-Reinet gesien deur Elise se oë!!!❤️❤️❤️

  • Baie van die karakters persoonlik geken. Dr Jack Laubscher, Lily Nel (haar enigste seun Wilhelm was later ginekoloog in Pretoria), Dolly Terblanche (sy en haar man se strandhuis was langs my ouers s'n op Hartenbos), ens. Tant Dolly se dogter Vasti woon op Stellenbosch). Tant Dolly was orreliste in die Nuwe Kerk, ook genoem die Sapkerk. Die Natkerk (waar ds Josua Naude my gedoop het) se orreliste was mev Edna Labuschagne ("Labusjaan" uitgespreek!), en laasgenoemde se kleindogter is die bekende orreliste Zorada Temmingh. Graaff-Reinetters is nie van hier nie. Jy het skoon vergeet van die prokureur Johan Rupert, die vader van dr Anton Rupert, en oom Pieter Pohl (hy met die hemelhoë fiets), die vader van prof Anna Neethling-Pohl. Maar miskien vertel jy ons volgende keer van hulle ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top