Elders gesien
Elders gesien: Moord is ’n gruwel, ongeag wie die slagoffer is
2026-09-29"Wie se name was op die oorblywende kruise? Was dit onbevestigde gevalle, plaasaanvalle sonder moord, of simboliese getalle?"
Elders gesien: Aai, ek kan nie meer met al die dom nie
2026-09-29"Amerika wil Suid-Afrikaners straf oor die beweerde vervolging en geweld teen witmense. Ernst Roets en kie gaan blaas lustig daardie vuur aan."
Elders gesien: Strokiesprentdag in die VSA
2026-09-28"Lees jou kind of kleinkind graag strokiesprente? Laat hulle, want dit gee hulle ’n visuele brug na ’n lewenslange liefde vir boeke, waar prentjies en teks saamspan om die verbeelding te help groei."
Elders gesien: Jean-Pierre Melville se Le cercle rouge
2026-09-15"Daar is byna niks wat jou aandag aftrek van die manier waarop die tonele aanmekaarskakel nie – min dialoog, net die nodigste musiek, en die idee dat jy na ’n diefstal kyk, maar dat dit oor iets anders gaan."
Elders gesien: Johann Symington se oop deur
2026-09-09"Johann se deur is nou vir altyd toe. Maar die deur wat hy in my denke oopgemaak het, sal nie weer toegaan nie."
Elders gesien: Karel Schoeman, ’n denkende skrywer in ’n bewegende wêreld
2026-09-07"Jung se 'skadu' verwys na alles wat die bewuste selfbeeld uitsluit, maar wat telkens in drome, vrese, verlange en verhoudings terugkeer. Só gelees, is Schoeman se eensame reisigers nie bloot passiewe buitestanders nie."
Elders gesien: Johan Degenaar – om die wêreld telkens nuut te ontdek
2026-09-03"Degenaar het eerstejaarstudente gewaarsku: 'Julle moet nie ’n woord glo wat ek sê nie.' Dit was nie sinisme nie, maar ’n uitnodiging tot verantwoordelike selfstandigheid."
Elders gesien: Natuurlik wemel en gloei die kykNET Silwerskermfees met absolute oorspronklike en verrassende films
2026-08-21"Die Silwerskermfees hoef nie ’n tree vir Cannes terug te staan nie. En hy trek nou maar eers in sy tweede dag."
Elders gesien: Plaaslike skrywers moet eenvoudig boeke bemark
2026-08-20"Vir baie plaaslike skrywers is die werklikheid dus eenvoudig: as hulle nie hul eie boeke bemark nie, verkoop die boeke nie."
Seen elsewhere: AI, Artificial Intelligence, is at best purely Simulated Intelligence
2026-08-18"True creativity has never been about providing easy answers and ready-made platitudes, and even less about reducing the complexity of our world and experience to a set of ever-palatable 'truths'."
Elders gesien: Bejaard in ’n vreemde wêreld van "portals" en "links"
2026-08-18"Het die moderne wêreld die Tannie Hesters van ons wêreld van hulle waardigheid gestroop? Dié wat voor ons hier was, word nou alleen agter gelos om te kom sien kom klaar. Miskien moet ons introspeksie doen?"
Seen elsewhere: Artisanal/Ambagtelik
2026-07-30"I will be proud to publish under such a seal, just as farmers are who produce meat under the formal Karoo Lamb seal."
Elders gesien: Die harde sypaadjie is sy huis én slaapplek.
2026-07-30"Ek twyfel of sy weet wat 'kontak slaan', 'doodsakker', of om ge-'rev' te word, beteken. Hy het vier dae laas geëet, sê hy."
Elders gesien: Met apologie aan Lina Spies
2026-07-29"En die afgelope naweek, tydens die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée, het ek die praktiese manifestasie daarvan weer in werking gesien. Dis veel meer as kruisbestuiwing, simbiose of uitruilings van kennis en ervarings."
Elders gesien: Vroeg-Julie voer ek en Bettina dan ons laaste gesprek
2026-07-28"Ek gaan stap die Baviaanskloof en stuur ’n klomp foto’s en video’s die dag voor haar dood."
Elders gesien: Tydskapsule en The Story of Emily
2026-06-19"Ons het onder meer ’n tydkapsule uitgestal Saterdag met die herdenking – by die Story of Emily, 100 jaar na haar dood."
’n Boer maak ’n boek: On Jig by Jan Steyn
2026-06-17"Ek’t ’n klein sirkel literêre vriende hier wat sekerlik hierdie boek – en, hoop ek, hierdie opstel – baie gaan geniet. Deel asseblief met andere Afrikaanse lesers, en lesers wat net belangstel in daardie fassinerende taal!"
Elders gesien: Rus in vrede, Portchie
2026-06-12"Hy het tee gemaak, vars piesangbrood bedien en hartlik oor sy lewe gepraat. Later het hy vir my op sy geliefde klavier gespeel, omring deur sy en ander mense se kunswerke."
Elders gesien: Aan die begin van Facebook was ek nogal op ’n seepkis.
2026-06-10"Maar vandag wil ek weer op daai seepkis klim. Kan iemand asseblief vir my sê waarom RSG dit nodig ag om met Mel Viljoen ’n onderhoud te voer?"
Elders gesien: Die tusseninners het onlangs tweede gekom in Lapa se Jeugromankompetisie
2026-05-28"Dis ’n lekker ligte, soms hartseer, maar meestal snaakse grootwordstorie met ’n paar aweregse karakters en ewe eksentrieke ou karre."
