Elders gesien
Elders gesien: Oranje het hierdie week ’n slegte naam gekry
2024-11-08"Daar was baie, baie goeie redes om Bela te bevraagteken, maar 5 November sal onthou word as die dag toe die oranje golf Afrikaans finaal uit ons skole gedryf het."
Elders gesien: Kinderboeke deur kunsmatige intelligensie geskep?
2024-11-04"Gebruik KI vir pret, maar koop vir jou kinders boeke wat deur regte, egte skrywers geskryf en deur regte, egte illustreerders geïllustreer is. Hulle is immers regte, egte lesers wat regte, egte boeke verdien."
Elders gesien: Danie Odendaal was briljant op ’n onvolprese wyse
2024-11-03"Ek was ’n japsnoet van nog nie dertig nie toe ek vir hom begin werk het. Hy het my vaderlik onder die vlerk geneem."
Elders gesien: RIV, Danie Odendaal
2024-10-31"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."
Elders gesien: Slaapgas in ’n stasiewa
2024-10-27"Hy was ook ’n betroubare babawagter … in ruil vir Tokkie se lekker Boerekos. Johan was toe vyf en Marisa, wat Hans juis na aanleiding van die Halloween-gedoente Pampoenspokie gedoop het, ’n energieke drie."
Kyk wat het Bob Dylan getwiet (oor Bloemfontein)
2024-10-25"Bob Dylan was toevallig by ’n hotel in Frankfurt waar die jaarlikse groot boekeskou plaasgevind het, en kyk wat het hy getwiet ..."
Elders gesien: Brics is die toekoms
2024-10-25"Israel en Oekraïne is besig om Amerika en die Weste onder te trek. Navo val uitmekaar uit. Cyril kan mos nie nou nie die obvious verloorperd opsaal nie? Brics is die toekoms."
Elders gesien: Selfs Frits Gaum sou saam kon juig
2024-10-14"Toe verloor die President sy skoen. Frits het geen oomblik geweifel nie, op sy knie gesak en die skoen aangetrek."
Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal
2024-10-03"Nooit maar nooit het hy my uitgesluit omdat ek anders glo nie, al was dit sekerlik nie vir hom lekker nie."
Elders gesien: Laat ons genade hê met mekaar se offers.
2024-09-29"Ek het geen veroordeling in my hart vir enige iemand wat die land verlaat nie – na ons gewelddadige inbraak in Kaapstad in 2005 wou ons emigreer."
Elders gesien: Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres
2024-09-27"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."
Elders gesien: Dis Erfenisdag
2024-09-24"Dis die rugbypale waar jy nooit geleer het om ’n rugbybal te skop nie. Dis jou troppie bont skape, en jou kinders wat hul hart verloor op ’n plaasperd. Dis Erfenisdag."
Seen elsewhere: Shape of a woman
2024-09-09"It is adorned with jewels
Like beads of sweat
On the skin of an athlete lifting weights that are heavier
Than the men who say she does not belong in the gym"
Elders gesien: Braam de Vries, jy was onvolprese
2024-08-25"Maar Braam is so ’n vriendelike siel, met ’n glimlag wat altyd gereed staan en helder, meelewende oë. Ek groet hom en sê my naam. Ons skud hand en hy begin onmiddellik praat oor my boek."
Elders gesien: Dankie vir al die stories
2024-08-24"Die hoogtepunt van daardie aand was egter toe hy ná die bekroning my kom vra het om sy bundel te teken."
Elders gesien: "Dis ons ammal se land"
2024-08-20"Die nartjies is helderoranje, die koejawels geelgroen. Die bloed in my en in my weldoener se are is ewe rooi."
Elders gesien: Die Jirre het kêk gehou die nawiek
2024-07-30"Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap."
Elders gesien: Waarom is dit nou skielik godslasterlik as ons dieselfde doen?
2024-07-30"Lede van die LGBTQ-gemeenskap beskou nie hulself as onaangenaam of bespotlik, of as spreekwoordelike vrot tamaties wat jou kultuurskatte kan ontsier nie. As jy hulle teenwoordigheid by daai tafel as ’n 'aanval' op jou godsdiens sien, verraai jy eintlik maar net hoe onverdraagsaam en kleingeestig jy is."
Elders gesien: Op Olimpus word die gode bymekaargemaak
2024-07-28"Een ding is waar, die Franse het hier ’n gesprek aan die gang gesit en mens laat nadink oor goed waaroor hulle selde dink, en dis goed."
Elders gesien: Die prezzie word maar net die salesperson
2024-07-24"Hoe slaap mens as jy weet jy teken af op bomme wat derduisende onskuldige kinders vermink. Elke dag. Elke uur?"
