Elders gesien: Vernietig deur Michel Houellebecq

  • 0

Louis van Niekerk skryf op Facebook:

Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap en hierdie boek begin lees. Dit lê nou al vier maande op my rak. Maar toe ek eers begin, kon ek dit nie neersit nie. Wat ’n monumentale werk, so anders as wat ek Houellebecq leer ken het. Maar, ek is nog nie klaar met die boek nie – ek laat net my oë (asook brein) ’n bietjie rus. Dit is nogal ’n leesopgawe. Soveel temas en kwessies word aan die orde gestel: ’n Mens moet kophou. Sieninge word beredeneer en uitmekaar getrek. Daar is nie ’n manier waarop ek reg kan laat geskied aan so ’n boek met ’n bladsylange bespreking nie. Gelukkig is daar op LitNet ’n video waar Henning Pieterse ’n onderhoud voer met Johann Rossouw, wat die boek vertaal het. Verder het Johann ook ’n akademiese artikel die lig laat sien waarin hy die konsep van mimesis, soos Houellebecq dit gebruik, ontleed. ’n Mens moet liefs eers die boek lees en dan die resensies lees.

Lees ook:

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek tussen Johann Rossouw en Henning Pieterse oor Michel Houellebecq en Rossouw se vertaling van Houellebecq se nuwe roman, vernietig

René Girard, Michel Houellebecq, mimetiese wedywering in die liberale verbruikersamelewing, en die metafisiese toekoms van die Afrikaners

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

LitNet Akademies-artikels met 2024 ATKV-SA Akademiepryse bekroon

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top