Elders gesien

Met die nodige toestemming van die skrywers, verskyn hier sosiale media-inskrywings wat die LitNet-redaksie se aandag getrek het.

Elders gesien: Dawn-er-wetter-Graaffernetter!

Elise Bishop Elders gesien 2023-02-20

"Klub Libertas was langs Bokkie en Tokkie se town house en otherside die straat was Dawn se rooms. Die mansmense het sometimes one by one at a time daar ook ’n dop loop steek. So was said. Sometimes even twee of drie agtermekaar, glo. One by one."

Elders gesien: Bagatelle en chess

Elise Bishop Elders gesien 2023-02-14

"Ons het min gespeel, ’cause ek’t nooit remember waar die swart king en die wit king moet wees nie en forgot always was it knights of bishops eerste van die castle?"

Elders gesien: Ruk die toe-eieningsdebat nie hande uit nie?

Anne-Marie Mischke Elders gesien 2023-02-07

"Maar toe kom dit weer met Kahlo ter sprake, weens haar oorvloedige gebruik van die Mexikaanse kultuur. Al het sy aan moederskant Mexikaanse bloed gehad."

Elders gesien: Ainsley Moos – ’n paar gedagtes oor sy heengaan

Danie van Wyk Elders gesien 2023-02-06

"Die onverwagse heengaan van Ainsley Moos, 45, het my diep getref ..."

Gaan haal daai ou boeke. Stof hulle af.

Sidney Gilroy Elders gesien 2023-02-02

"Boeke is soos jou ou foto’s, jou beddegoed en die klere in jou kas. Wanneer jy sterf, hou hulle nie ook op met leef nie. Daar is steeds gebruik in hulle oor, en wysheid ook."

Seen elsewhere: Rest in peace, Simone Cilliers Jonker

Zalman Davis Elders gesien 2023-02-01

"In 2019 you said: 'Ek mis my ma se arms om my.' I hope you are sitting on Ingrid’s lap, the two of you singing 'Toemaar, die donker man'."

SA se onderwys sal hersien móét word

Danie van Wyk Elders gesien 2023-01-24

"’n Ander ramp was die onpraktiese samesmelting van universiteite en universiteite van tegnologie. Dit het nie bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys nie. Die sluiting van kolleges vir onderwysopleiding het grootliks die krisis in onderwys vererger."

Al wat oorbly is massas gemors

Lizette Botha Elders gesien 2023-01-23

"Ek dink aan die foto van die seeskilpad met die misvormde perdebylyf en die ronde stuk plastiek waarin hy ingegroei het."

Elders gesien: Matriekuitslae van die klas van 2022 – waar is die balans?

Danie van Wyk Elders gesien 2023-01-20

"Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word – hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongunstige omstandighede in, die beste lewer."

Elders gesien: Oor Kerkorrel en die flipside van “Gee, gee, gee”

Clinton V du Plessis Elders gesien 2023-01-12

"Onvoltooide stadions, krane (vir weke) sonder water, skole sonder basiese hulpbronne, hospitale sonder sorg, politici sonder integriteit, miljarde spandeer op wasteful and fruitless expenditure (of dan blatante selfverryking), die ligte gaan af in die Chelsea Hotel."

Seen elsewhere: Our marathon Great Karoo trip

Steven Robins Elders gesien 2023-01-12

"But in this vast Karoo landscape, such Black histories tend to be buried beneath layer upon layer of white colonial silence, denial and hubris."

Elders gesien: Daarom bring ek hulde aan Adriaan Vlok, die mens

Jean Oosthuizen Elders gesien 2023-01-09

"Dit is maklik om te oordeel, maar as iemand sy aandeel in onreg erken en bereid is om pa te staan daarvoor, terwyl die meeste van jou kollegas dit nie doen nie, kan dit nie maklik wees nie. Dit sê tog seker ook iets van die mens?"

Elders gesien: Vir my is die see helend

Trisa Hugo Elders gesien 2023-01-04

"Die reuk van vars uitgespoelde kelp het vir my die weeïge reuk van ’n vrou se verlange. Die see se bui is elke dag anders, die kleure allermins altyd in skakerings van blou, groen en grys."

Seen elsewhere: Our boy One Ear had died

Darryl David Elders gesien 2023-01-04

"When you tell people your donkey died, they are conditioned to laugh, such is the stigma attached to a donkey. But he was a member of our family. I turned down a job at UWC because of him."

Elders gesien: Nog ’n groot Afrikaanse seder het geval

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging Elders gesien 2023-01-03
Dolf van Niekerk: 22 Febr. 1929 – 31 Des. 2022. Rus in vrede.

Seen elsewhere: Why I stand with #AndreDeRuyter

Zackie Achmat Elders gesien 2022-12-28

"Socialists and social democrats should base our positions on justice with evidence not cries of 'the racist is removed'. We need more De Ruyters not less."

Elders gesien: Koors in Kuruman

Albert du Plessis Elders gesien 2022-12-19

"Hulle haal die suurstofmasker af en laai haar in ’n rystoel na die mediese saal. Die nagpersoneel sit vas en slaap. Hulle rig ’n bed in en sit die druppe op – antibiotika, kortisoon, steroïdes, pynstiller. Veertig minute later het hulle nog steeds nie vir haar suurstof opgesit nie. Ek maak oorlog."

Seen elsewhere: How to become a failed state

Malaika Mahlatsi Elders gesien 2022-12-14

"It starts with things like actually accepting loadshedding as a fact of our lives and organising our existence around it. We have become very dangerously accepting of misgovernance in our country."

"My lewe in Oesbekistan": sirkusse, Botox, melktert en die huweliksnag

Emile Minnie Elders gesien 2022-12-13

"Ná die tyd loop ek en Rahimjon deur die strate van Gazgan. Ons loop en sing. Om ons is die sterre, die marmer en die klip ons enigste gehoor."

Elders gesien: Ek skryf al hoe minder

Kleinboer Elders gesien 2022-12-08

"Ek het hom vertel van die onverwagse uil op my huis se dak teen sononder Sondag."

Top