“Sy was truly ’n special siel. Iemand wat ’n tough exterior moes vorm om haarself te beskerm, maar wat nooit ooit die liefde binne haarself verloor het nie. Sy was violently pure of heart. But took no kak,” vertel Peach van Pletzen.
Redaksionele nota: Angie Oeh (Angelique Greeff) is Saterdag 19 Augustus op die ouderdom van 24 oorlede nadat sy op 13 Augustus met stadium 4-longkanker gediagnoseer is. Dié talentvolle kunstenaar het met haar unieke benadering tot “mompelrymklets” beide die Afrikaanse bewussyn uitgedaag en die taal internasionaal relevant gemaak. In voeling met die tydsgees en in ’n stem wat die stelsel uitdaag, het Angie Oeh ’n nuwe generasie van kulturele uitdrukking en agentskap verteenwoordig. Peach van Pletzen, haar medewerker en groot vriend, vertel: “Sy was truly ’n special siel. Iemand wat ’n tough exterior moes vorm om haarself te beskerm, maar wat nooit ooit die liefde binne haarself verloor het nie. Sy was violently pure of heart. But took no kak.” Angie Oeh se bestuurspan het in ’n verklaring op haar Facebook-blad na haar merkwaardige menswees en vernuwende talent verwys: “Angie se musiek was nie net mooi deuntjies nie, dit was ook vir haar ’n vehicle om haar sê te sê, om mense [te] probeer bewus maak van issues en om dinge te probeer verander. Vir die eerste keer in ’n lang tyd was daar weer iets in Afrikaans wat mense en die kultuur uitgedaag het om te groei. As ’n openlike gay vrou wou sy vroueregte bevorder en ook belig hoe die samelewing teen vroue, klas en ras diskrimineer. Sy was vreesloos in hierdie missie en het baie teenstand daarvoor gekry, maar dit [het] haar nie gestop nie.” ’n Veldtog op sosiale media het binne 48 uur ná haar diagnose meer as R270 000 via BackaBuddy ingesamel om haar mediese onkoste te dek. Volgens haar bestuurspan het “die oorweldigende ondersteuning vir Angie ook baie met haar gemoed gehelp tydens haar kankerstryd”. LitNet plaas met toestemming Peach van Pletzen se huldeblyk aan Angie Oeh.
|
Elders gesien | Peach van Pletzen deel op Instagram:
“Ons liefste Angie is weg.
Sy is gister, 19 Aug, om 17:24 oorlede in PTA op die ouderdom van 24.
Haar verloofde, ma en ek was by haar tot die einde en sy het geen pyn gehad nie.
Sy was ’n incredible mens wat in ’n baie kort tyd ’n groot impak op baie mense se lewens gemaak het.
En onder daai seemingly tough exterior was een van die sagste en mooiste mense wat ek al ooit tee gekom het.
Die lewe is so fragile en unpredictable.
Net laas week was sy nog in studio en in die laaste song wat sy opgeneem het sing sy die liriek “die lewe is net ’n spoor”.
Angie, jy het ’n diep spoor gelos in my en baie van ons se harte.
18 maande gelede het sy haar eerste show ooit gespeel en sedert dit het sy vir die eerste keer die see gesien, eerste keer gevlieg, eerste keer in 'n studio opgeneem, klomp musiek gemaak, music videos gemaak, shows gespeel voor duisende mense, onderhoude gedoen en kanker twee keer geveg.
Sy het die cage behoorlik geskud en
sy het vinnig beweeg.
Sy was voor haar tyd en ’n one in a million talent en mense gaan vir lank nog praat oor Angie oeh.
Ek sou nooit kon dink dit gaan die laaste keer wees wat jy my randomly vra “is jy shap” nie.
Nee, ek is nie shap nie.
Ek is baie lief vir jou Angie en ek gaan jou so mis. Ek is dankbaar vir die tyd wat ons kon deel en vir al die musiek wat ons kon maak, en dat ek by jou kon wees in jou laaste oomblik hier.
Sien jou eendag weer iewers in die cosmos. Ek sal uit luister vir die mooiste stem, mumble rap en ’n klomp P-bomme.
Jy was te mooi vir hierdie wêreld.
Rus sag my fellow Moot kind. X”