Elders gesien: Die jaar van die debuut

  • 0

Jonathan Amid skryf op Facebook:

2023 is die jaar van die debuut in plaaslike fiksie.

Mirage van David Ralph Viviers, Sven Axelrad se Buried treasure, Almini van der Merwe se Ghost limb, Jarred Thompson se The institute for creative dying, Elmarie Dercksen se Die gawe van groen, Pieter Marais se Konkel ... En ons trek nou eers by April.

Ek verwag om hierdie titels op die kortlyste te sien pronk en daar’s een wat ’n besonder sterk aanspraakmaker op die kykNET-Rapport-filmprys behoort te wees.

Hierdie stemme is vars, intelligent, wys, vindingryk en beleë met stories wat werklik die verbeelding aangryp.

Hou hierdie skrywers dop!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top