Op 23 November 2023 skryf Ena Jansen op Facebook:
Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas.
Min mense kon so goed stories vertel!
Hierby ’n skakel na die “In memoriam” wat ek vir die Jaarboek van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde geskryf het.