Geheime van blitsverkopers in Afrikaans
2022-03-16"Reeds in 1979 het ek op ’n dag aan Charles Malan gesê dat as hy my sou sê waar ’n persoon gestudeer het, wie sy vriende (en vyande) is, ens, dan sou ek voorspel wat die beoordeling van sy werk sal wees." – Hennie van Coller oor sy en Joanita Erasmus-Alt se Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking.
Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam
2021-08-03"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Ena Jansen se bydrae
2020-08-27"Sy het die gawe gehad om ’n 'plain tale', om alledaagse werklikhede, dwingend te vertel; om swaarkry en onreg, pretensie en harteloosheid, angs en liefde aan haar lesers voor te hou."
"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd
2020-06-24"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."
Elders gesien: In memoriam – Elsa Joubert
2020-06-15"Elsa Joubert (1922–2020) was altyd baie spesifiek oor plek – oor waar sy gestap en gereis het, oor Leeukop wat haar laaste uitsig was. Vanoggend wou ek nêrens anders stap as langs haar Oranjezicht-strate nie. Die eerste 4 foto’s is van haar en Klaas Steytler se huis in Belvederelaan waar sy onder meer Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) geskryf het."
Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen
2020-04-16"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."
COVID-19: Huiswerkers in onrustige tye
2020-04-08"Wanneer Suid-Afrikaners van onrus praat, is die veronderstelling immers byna vanselfsprekend dat dit polities van aard sal wees. Maar hoe het ons moeilikheid en onrus nie die afgelope tien dae verander nie!"
In hierdie huis
2019-02-11"Die man wat die Koran in Afrikaans vertaal het (gepubliseer in 1961) het sy jeugjare in hierdie huis in Simonstad deurgebring."
’n Stap – en alleen by Dalebrook se getypoel
2019-01-22"’n Salige dag, mede danksy hierdie passasie in Age of Iron wat my altyd so ontroer."
Karel Schoeman (1939–2017) – herinneringe aan die buitestander
2017-05-17"Skielik het ek Karel Schoeman diagonaal oor einste daai 'onbeboude blok plus windpomp' aangestap sien kom. Regop en rustig, met ’n wandelstok in sy hand, geklee in ’n kakiebroek met bruin baadjie, serp om en hoed op."
Emily Hobhouse (1860–1926) en haar biograwe: US Woordfees 2017
2017-03-16"Elke generasie stel nuwe vrae en het ander belange; elke biograaf sal daarom vanuit die kennis en ervaring van ‘n bepaalde eie tyd ‘n ander beeld van daardie persoon ontwerp."
Afscheidscollege, Ena Jansen: "Van Thandi de nanny tot Thandi de madam"
2016-06-22"Mijn afscheidscollege wil ik nadrukkelijk plaatsen in de context van de geschiedenis van deze leerstoel."
UJ-pryse 2016: Ena Jansen se dankwoord by die ontvangs van die 2016 UJ-prys
2016-05-17"Dat ek vanaand hierdie prys ontvang, beskou ek as ’n eerbetoon aan die vroue oor wie die boek gaan."
Ena Jansen oor Elisabeth Eybers, die literêre dubbelburger
2015-10-20Soms kom die nuus: ’n skrywersargief skuif na die buiteland. Maar onlangs het daar stil-stil ’n groot gebeurtenis plaasgevind: ’n gedeelte van Elisabeth Eybers se boeke en persoonlike besittings is van Amsterdam na Bloemfontein oorgeplaas.
Ena Jansen se toespraak by Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum
2015-08-26" ...laat ons Afrikaans bly skryf én lees, én daarin rock, amok maak én lawaai."