Elders gesien

Met die nodige toestemming van die skrywers, verskyn hier sosiale media-inskrywings wat die LitNet-redaksie se aandag getrek het.

Elders gesien: ’n vinnige feitelys van New York

Theo Kemp Elders gesien 2022-11-01

"New Yorkers is nie onbeskof nie, hulle wil seker maak jy verstaan baie, baie mooi."

Elders gesien: Eric Nobbs (1954–2022)

Dana Snyman Elders gesien 2022-10-24

"Ek sien nog hoe Eric die middag daar op Nardus se grasperk in Die Adelaar verander, goeie akteur wat hy was. Hoe hy effens vooroor leun en sy arms stadig soos vlerke op en af langs sy lyf begin beweeg, hoe hy sy knieë hoog lig en opstyg."

Elders gesien: Stem van rede raak stil

Hennie van Deventer Elders gesien 2022-10-20

"Die heengaan van skrywer-joernalis Leopold Scholtz, voorste historikus en politieke denker, op 74 is nie heeltemal onverwags nie. Tog tref die finaliteit ’n mens hard."

Elders gesien: Woorde as wapens en bakstene

Sidney Gilroy Elders gesien 2022-10-17

"Ons skryf want ons gebruik woorde as wapens en bakstene. Ons verbou en verbreed en verstel hierdie ongelooflike taal wat aan almal en aan niemand behoort nie."

Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel

Willem Botha (sanger) Elders gesien 2022-10-17

"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."

Elders gesien: Wie ontvangt straks, een jaar na de Tanzaniaanse schrijver Abdulrazak Gurnag, de Nobelprijs 2022 Literatuur?

Yves T'Sjoen Elders gesien 2022-10-06

"Op vraag van Zuid-Afrikaanse academische instellingen, zoals de SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en universiteiten, onderschrijft het Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (Universiteit Gent) telkenjare verzoeken om de nominatie van respectievelijk Breytenbach en Krog formeel te steunen. Voor het eerst in jaren stuurde het Nobelprijscomité vanuit Stockholm enkele maanden geleden een ontvangstbrief. Is dit een gunstig teken? Wie zal het zeggen. Wait & see, 1 pm."

Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie"

Hennie van Deventer Elders gesien 2022-09-28

Hennie van Deventer bring in sy LitNet-blog hulde aan Salie de Swardt: "Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie."

Elders gesien: Merkwaardige vrou – Elizabeth II

Rudi Swanepoel Elders gesien 2022-09-08

"In ’n wêreld wat smag na stabiliteit (van byna enige aard) en smeek om leierskap, was sy ’n konstante."

Elders gesien: Oom Duggie, legendariese kroegman, se afskeid

Jean Oosthuizen Elders gesien 2022-09-03

"En daar ruk hulle toe op in hulle hordes. Die hele lot Bolandse boere wat al in hul lewe oorkant oom Duggie in die kroeg gesit het om te bieg, of lieg. Vrydagaand is daar veiling gehou om geld in te samel vir oom Duggie se aftrede. In ’n kroeg ja."

Elders gesien: Hierdie is ’n ode aan alle goeie Samaritane

Willemien Brümmer Elders gesien 2022-08-22

"Ons wuif vir mekaar, maar ek het sy nommer, in ’n rooi koki in ’n oefeningboek. As Suid-Afrikaners het ons soveel meer wat ons deel as wat ons verdeel."

Elders gesien: Hulde aan Piet Egbert Westra

Wium van Zyl Elders gesien 2022-08-18

"Hy het ook binnelands die Veiligheidspolisie so ver gekry om hom toe te laat dat sogenaamde verbode literatuur oor die land bestel en opgeneem kon word. Hiervoor is die Albie Sachs Prys in 2010 aan hom toegeken."

Seen elsewhere: In one’s dotage, memory seems the only sensibility

Elise Bishop Elders gesien 2022-08-11

"Little did one know, those many years ago, that someone who would play such an integral role in one’s life traversed the soil one knew so very well and which one loved only as one could love one’s hometown – a sidewalk one walked on in those years, the furrows in which one searched for crabs under the stones."

Seen elsewhere: It shows what can happen when an institution is uncaptured

Andries Bezuidenhout Elders gesien 2022-07-07

"A colleague appointed to clean up a service department paid for this with his life. Those who survive take physical and psychological body blows, are vilified, slandered, and accused of the very corruption that they are rooting out."

Seen elsewhere: A new module for Life Orientation

Alex Botha Elders gesien 2022-07-02

"Thanks to Eskom a new module for Life Orientation in schools need to be added. It can be combined with advanced Applied and Pure Math, Geography and Magic. The kids will need therapy afterwards."

Elders gesien: Koöperasie en springbokke

Elise Bishop Elders gesien 2022-07-02

"Daar’s nóg ’n rugby player wat hom ’n mooi nooi kom pluk het in Graaffernet se plaastuine, dink ek mos nou. So by so, dis nou net wat ek van weet nè? There’s probably others ok, but dis nou net van my time gewees."

Elders gezien: De broers Louw, canonieke stemmen in het Afrikaans

Yves T'Sjoen Elders gesien 2022-06-06

"Verbijsterend. Schandalig. Wanneer een cultuurgemeenschap onverschillig omspringt met het literair verleden, branden met het overlijden van de schrijver bibliotheken af."

Elders gesien: RIV Abraham Viljoen

Breyten Breytenbach Elders gesien 2022-05-30

"Saam met sy broer het Abraham Viljoen ’n burgeroorlog voorkom. Gaan vra maar vir Nelson Mandela en Mac Maharaj en Albie Sachs. Gaan vra vir die bure en die werkers van die wêreld waar hy vandaan kom."

Elders gesien: ’n Gedig vir Hemelvaartdag

Hans du Plessis Elders gesien 2022-05-26

"Sou ek glo die Heer het opgestaan,
as ek sien Hy ry hier op die grond
tussen ons in minibussies rond?"

Elders gesien: Groot skrik teen Tafelberg

Gert Vlok Nel Elders gesien 2022-05-25

"Ek het nooit daar vuur gemaak nie en teen skemer altyd seker gemaak ek is alleen daar en het dan op die kant tussen die bosse gaan lê, sodat ek nie verras kan word nie."

Elders gesien: Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg

Danie van Wyk Elders gesien 2022-05-19

"Dat daar ’n tyd van uitsluiting van benadeelde Afrikaanssprekendes in die geskiedenis van die ATM was, is ’n gegewe. Daai hekkie is egter lankal oorgesteek en is die monument vandag ’n baken van inklusiwiteit."

Top