
President Ramaphosa (Foto: Izak de Vries)
...
Ek wonder dus of dit enigsins erger sal gaan as tans, indien Ramaphosa die eerbare ding sou doen, naamlik om te bedank. Dit mag dalk net die laaste strooi wees om die ANC-kameel se rug te breek om SA se verlossing van hierdie voormalige vryheidsbeweging se korrupte bestuur in te lui.
...
Ben du Toit skryf op Facebook:
Dis heeltemal begryplik dat mense nou, met die bekendmaking van art 89-paneel se verslag oor die president van SA, bekommerd sal wonder oor wat nou van die land gaan word, sou Ramaphosa sy goed vat en loop. Verskeie slegte scenario’s word dan beskryf – waarvan die geldigheid van sulke voorspellings nou nie hier betwis word nie.
Maar, dalk is hierdie verwikkeling glad nie so sleg vir die land nie. Wat sal dan nou juis verander terwyl die ANC steeds met wie ook al aan die spits aan bewind is? Dis ’n organisasie wat sistemies en psigies korrup is – en die huidige president was sentraal deel daarvan. CR was vir méér as ’n dekade deel van ANC wat die een mosie na die ander van wantroue in president Zuma (ek dink daar was 4?) in die Nasionale Vergadering help afweer het – as adjunk-president. Boonop was hy vir ’n hele aantal jaar die leier van die sogenaamde “war room” om Eskom reg te ruk. En wat het daarvan geword?
Dit is soos volg berig in die regering se amptelike webwerf op 20 Mei 2015.
In the wake of loadshedding, President Jacob Zuma in December assigned Deputy President Ramaphosa to oversee the turnaround of Eskom in what was labelled the “war room.”
The war room – made up of the Departments of Energy, Cooperative Governance and Traditional Affairs, Public Enterprises, National Treasury, Economic Development, Water and Sanitation and Eskom, as well as technical officials – is expected to look into Eskom’s short- and long-term energy challenges.
Cabinet at the time adopted a five-point plan to address the lack of sufficient capacity to meet the country’s energy needs.
Intussen het die korrupsie en wanbestuur van die staatsentiteite onverpoosd toegeneem. Dit lyk asof bitter min waaraan die ANC die hand geslaan het, nie deurspek was van wanbestuur, korrupsie en selfverryking van individue nie.
Ek wonder dus of dit enigsins erger sal gaan as tans, indien Ramaphosa die eerbare ding sou doen, naamlik om te bedank. Dit mag dalk net die laaste strooi wees om die ANC-kameel se rug te breek om SA se verlossing van hierdie voormalige vryheidsbeweging se korrupte bestuur in te lui.
...
Net die aanhoor van sommige name van die nominasies vir die ANC se NUK wat vanmiddag uitgelees is, voorspel ’n absolute gekkehuis van leierskap in hierdie party vorentoe.
...
Wie ook al post-Ramaphosa aan die stuur van die ANC staan sal nie help om die verdere finansiële en morele korrupsie van die land te keer nie.
Intussen sien ons oral hoedat mense plaaslik self begin om hulle omgewing op allerhande verbeeldingryke maniere reg te ruk. En dan is daar nog die onbetwiste voorbeeld van die Wes-Kaap (en spesifiek die Kaapse Metropool) wat dit regkry om teen ’n oormag van uitdagings, ’n beter toekoms vir alle inwoners te bevorder – ’n provinsie waarheen daar ’n geskatte 10,000 mense maandeliks uit die noorde invloei.
Ons sien dit veral landwyd in die besigheidsektor en kommersiële landbou, hoedat doelgerig met wonderlike inisiatiewe en entrepreneurskap werkgeleenthede geskep word om in terme van sosio-ekonomiese vooruitgang ’n verskil te maak in duisende se lewens SONDER enige bydrae deur die ANC-regering – trouens dikwels ten spyte daarvan.
Dalk is Phala-Phala op die lang duur nie net slegte nuus vir ons nie. Ja, ons gaan nou ’n onstabiele en onsekere politieke tydperk in. Net die aanhoor van sommige name van die nominasies vir die ANC se NUK wat vanmiddag uitgelees is, voorspel ’n absolute gekkehuis van leierskap in hierdie party vorentoe.
En ons gaan daarvoor onafwendbaar ekonomies ’n duur prys betaal (soos die daling in die waarde van ons geldeenheid met al die slegte gevolge daarvan).
Maar dalk is dit ’n noodwendige verwikkeling, die prys wat ons moet betaal, vir die ondergang van ’n korrupte ANC.
Lees ook:
Phala Phala – die langspel word toe die ondergang van Ramaphosa
Ramaphosa se politieke toekoms in die weegskaal na Phala Phala-verslag
Cyril Ramaphosa se stryd: Is die buffel besig om te struikel?
Cyril Ramaphosa, King Charles and Rishi Sunak – the art of imperial swagger redefined
New from Penguin: The presidents by Richard Calland and Mabel Sithole


Kommentaar
Netjies betrag en neergepen en laat mens dink …
Be careful about what you wish. Dis alles heel moontlik, maar wat net so moontlik is, is dat 'n ANC wat die verkiesing verloor dan steeds in 'n posisie is om 'n koalisievennoot te soek. Dit mag dalk die EFF wees.