Ben du Toit

Ben du Toit is ’n voormalige kommunikasie-direkteur van die NG-sinode van die Wes- en Suid-Kaap. Hy in 1950 in Malawi gebore. Hy behaal die grade BA en BTh aan die Universiteit Stellenbosch, asook MA (cum laude) en DPhil aan die Universiteit van Port Elizabeth ná buitelandse navorsing by die Graduate Theological Union in San Francisco, VSA.

Kom ons bou aan hemel op aarde

Ben du Toit SêNet-briewe 2023-02-15

"Vir ons wat onsself nie wil laat definieer in terme van wat ons glo of nie glo nie, maar bloot ernstig opgeneem wil word as mede-menswaardige wesens, is die 'hemel' nie ’n hersenskim in die toekoms waarop ons hoop na die dood nie, maar iets wat ons nou alreeds tussen ons wil realiseer in die manier waarop ons met mekaar leef – en van mekaar verskil."

Elders gesien: Dalk is Phala-Phala op die lang duur nie net slegte nuus vir ons nie

Ben du Toit Elders gesien 2022-12-02

"Ek wonder dus of dit enigsins erger sal gaan as tans, indien Ramaphosa die eerbare ding sou doen, naamlik om te bedank. Dit mag dalk net die laaste strooi wees om die ANC-kameel se rug te breek om SA se verlossing van hierdie voormalige vryheidsbeweging se korrupte bestuur in te lui."

Elders gesien: Meat Loaf in Swapo-wêreld

Ben du Toit Elders gesien 2022-01-24

"Ek gaan luister eenkant in ’n hoek. Die lirieke is vars, uitdagend, rou. Met “Paradise by dashboard light” kyk die troepe betekenisvol in my rigting. Soek reaksie. Ek ignoreer dit. Hulle speel die plaat Bat out of hell (1977) oor en oor en ek verwonder my al meer oor die slim en poëtiese woorde en musiek."

Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg: ’n lesersindruk

Ben du Toit Lesersindrukke 2021-07-26

"Nie alleen bied dit interessante leesstof nie, maar Sakkie poog ook daarmee om gewone mense iets van die kompleksiteite van die ontwikkelende moderne wetenskap te help verstaan."

Elders gesien: Margot Luyt was só ’n dapper mens

Ben du Toit Elders gesien 2021-01-20

"Deur haar het ek geleer om anders te kyk na alle mense. Sy’t dit reggekry om die grense in jou psige te verskuif na ’n nuwe plek, ’n beter ‘jy’."

Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God: Is daar ’n ander antwoord?

Jean Oosthuizen, Ben du Toit Onderhoude 2020-12-11

"Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om ‘uit die kas te kom’ daarmee, veral teenoor hulle nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hulle gevoel of standpunt uitdrukking te gee."

Top