Elders gesien: Ek skryf al hoe minder

  • 1

Fanie de Villiers skryf op Facebook:

Ek skryf al hoe minder. Maar dit pla my nie. Ek het vir dekades my daaglikse handel en wandel in lang boodskappe aan my tweelingbroer met twee vingers uitgetik, maar hy het 16 maande gelede gesterf.

Ek braai meer as tevore en drink meer alkohol in volume nou, maar darem net bier en wyn (whisky opgegee, hemel, dit was te sterk en vinnig).

Ek het half kontak met my Melville-drinkersgroepie verloor, maar sal die drade weer optel en soontoe Uber.

Bluetooth is ’n goeie, betroubare kennis. En my twee honde is in hulle fleur; hulle ore lig wanneer ek die woord “braai” uiter.

Ek het min mensvriende deesdae as jy Facebook buite rekening laat. Selfs my nerderige baas begin soms na ’n vriend voel, alhoewel hy my ook vreeslik kan irriteer. Ek het hom vertel van die onverwagse uil op my huis se dak teen sononder Sondag. Die uil het reg in my oë gekyk en toe weggevlieg met ’n rot in sy kloue.

Ek praat heelwat meer met my vrou deesdae.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top