Kleinboer

Kleinboer het aan die Oos-Rand grootgeword. Hy het BSc op Tuks geswot en vir meer as 20 jaar in IT gewerk. Hy het toe ’n sprong gemaak en versorg sedertdien woorde vir koerante en tydskrifte. Hy publiseer Kontrei in 2003, Werfsonde in 2012 en Hierdie huis in 2017, Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels in 2020, en erf en elders in 2023.

Hy hou van swart katte.

 

 

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek met Kleinboer oor Erf en elders

Johann Rossouw, Kleinboer Onderhoude 2024-02-28

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Kleinboer oor Erf en elders, Kleinboer se onlangse bundel.

In gesprek met Kleinboer oor die kosmos en sy bundel erf en elders

Albert de Vos, Kleinboer Skrywersonderhoude 2023-12-18

"Ja, die verganklikheid spook nogal by my, die vlugtigheid van alles. Ek sê gereeld vir blommetjies in die verbygaan: 'Ek sien julle, hoor!' Môre sal hulle verwelk wees en oormôre leweloos."

Elders gesien: Ek skryf al hoe minder

Kleinboer Elders gesien 2022-12-08

"Ek het hom vertel van die onverwagse uil op my huis se dak teen sononder Sondag."

Penarie

Kleinboer Poësie 2020-12-15

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Kleinboer se gedig hier.

Skrywersonderhoud: Kleinboer gesels oor Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels

Remona Voges, Kleinboer Skrywersonderhoude 2020-06-19

"Aan die positiewe kant moet ek byvoeg dat seker die helfte van my digbundel op ’n Sondagoggend geskryf is terwyl my brein sy pad met woorde probeer oopkap uit die eiesoortige babelas wat dagga gekombineer met drank veroorsaak het."

Skote in die nag: ’n Spiesmerk in Jesus se sy

Kleinboer Menings 2020-01-14

"Onskuldige mense verdien nie om geskiet te word nie, selfs wanneer die jazz opruiend raak en die drank vloei, maar dit het gebeur."

Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock: ’n resensie

Kleinboer Resensies 2018-12-19

"Lennet het intense herinneringe aan sy voormalige geliefde in die stad, Cecilia. Dit verryk die storie en werp lig op Lennet se verliese en hunkeringe. Ander geheueflitse en staaltjies uit sy jeug word ook vernuftig ingeweef."

Twee dagga-gedigte deur Kleinboer

Kleinboer Poësie 2018-09-21

"op 1 Oktober gaan ek ’n donker daggapit in die agterplaas plant
wat ek teen R280 van Trophy Seeds oor die internet gekoop het"

Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer

Kleinboer, Herman Lategan Skrywersonderhoude 2017-10-27

"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."

Yeoville: Jesus was a makwerekwere

Kleinboer Menings 2015-04-24

"Dis die klankbaan van Yeoville: blaffende  honde, roepende stemme, toetende taxi’s en die geluid van ’n hamer, bam-bam-bam  teen sinkmuur of sinkdak soos wat nog ’n shack in ’n agterplaas ingesqueeze  word vir meer tenants."

Uit die Argief: Kleinboer se eerste brief op LitNet

Kleinboer 2012-07-24 Vrydagmiddag. My baas het my pas uitgetrap. Dit was nie so erg soos ek verwag het nie.

Vertel my van die bloglandskap ...

Kleinboer 2012-07-23 Kleinboer wonder of dit die moeite werd is om te blog.

Onderhoud met Deborah

Kleinboer 2012-06-14 Ek hou van die onderhoud en terloops ...

Hoe het jy jou hart op boeke verloor?

Kleinboer Boeke en skrywers 2011-04-19

Kleinboer vertel hoe hy sy hart op boeke verloor het.

Top