die krieke wat ek deur my oop motorvenster
gehoor het kort voor ek afgetrek is vir dronkbestuur:
nie hulle of die herinnering aan hul onbegryplike taal
kan een titteltjie verander aan die kak waarin ek nou is nie
hier sit ek in die polisiesel
my bloed reeds getrek deur ’n dokter met aknee
en krabbel ek hoop
die selfvoldane krieke word wreed deur ’n akkedis
verras en opgevreet
my skoenrieme en lyfgordel is weggeneem
ook my foon ná ek probeer bel het
na my vrou se dooie nommer
kwitansies van die kroeg en pen is al wat oorbly
en glurende medegevangenes
Lees al die Mondig-gedigte hier: