Uit die Argief: Kleinboer se eerste brief op LitNet

  • 4

5 Februarie 1999

LÊ OP MENSE ...

Vrydagmiddag. My baas het my pas uitgetrap. Dit was nie so erg soos ek verwag het nie. Ek het gedag ek was in die moeilikheid oordat ek vir ’n uur uitgesneak het om oor etenstyd krieket in die plaaslike kroeg te gaan kyk. Maar basie het my rooi wange misgekyk. Ek het ook gedag hy sou kla oordat ek in werkstyd op die Internet surf. Maar nee. Hy het my net oor die vingers geraps oordat iemand wat ek gevra het om iets te doen, dit te laat gedoen het, en my baas nou sleg lyk in die oë van sy baas oordat hy ’n deadline gemis het. My baas het gesê ek moet meer op mense lê (om dinge gedoen te kry). Ek gaan hom nie sê dat ek gisteraand vir die eerste keer ooit op ’n Indiërvrou gelê het nie. Hy sal nie verstaan nie, en sekere dinge moet geheim bly.

Ek sal in die toekoms nog skelmer moet surf, want ek wil nie julle volgende uitgawe mis-surf nie.

Fanie de Villiers

  • 4

Kommentaar

  • Daai was toe die eerste en laaste Indiërvrou op wie ek gelê het. Maar laat ek liewers nie oor Afrika bieg nie. En ek het intussen opgehou om die woord "gedag" te gebruik. Dog.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top