Elders gesien: Lank lewe goeie ontwerp!

  • 0

Phyllis Green skryf op Facebook:

My kollega, Pieter Hugo, deel vanoggend die poster van die Kijif Boekebeurs wat pas plaasgevind het.

Hoe simbolies is die ontwerp! Dit laat my hoop dat die boodskap oorgedra word aan almal in die wêreld wat daarna kyk.

Ek bly verstom oor hoe ’n poster mens se asem kan wegslaan, eerstens deur die treffende ontwerp en dan tweedens, die betekenis wat die kyker daaraan koppel.

In ons verbruikerskultuur is dit so maklik om ’n poster as massa- (en goedkoop) bemarkingsmateriaal af te maak. Tog is baie plakkaatontwerpe van die mooiste en insiggewendste kunswerke wat ek al gesien het.

Lank lewe goeie ontwerp!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top