...
Klub Libertas was langs Bokkie en Tokkie se town house en otherside die straat was Dawn se rooms. Die mansmense het sometimes one by one at a time daar ook ’n dop loop steek. So was said. Sometimes even twee of drie agtermekaar, glo. One by one.
...
Elise Bishop skryf in die Graaff-Reinet History Group op Facebook:
Die Corner Tearooms was oppie hoek van Caledon en Kerkstraat anderkant die Wilbur Flats. Hy’t twee entrances gehad, but die left one was always closed. Jy kon just regs ingaan. Daar was plenty ronde panelite tables and instootstoele on the left en teen die muur ’n hele ry bankies either side van ’n tafel waar die high school-jongetjies voetjie-voetjie gespeel het with hulle girlfriends. En ver agter innie café was die jukebox. Jy’t geld ingesit en die box played your tune. But ouma het niks van dit gelike nie, ‘cause dit was BLÊRmusiek van Elvis Presley. Niks Mr Sandman en Nat King Cole nie. But I must say, ek’t hard geluister en never die skaap hoor blêr nie.
Ons het maar either by Gem Grotto, onder die bioscope, of by GKW ice cream gekoop. But Mrs Weitz het cherry delights, banana splits en parfaits ok gehad by GKW. Én floats. But dit was net vir birthdays, want dit was very expensive – one and six of two bob. Ouma het sommer just ’n ice cream cone vir my gekoop en betaal uit haar groot ronde rooi purse. Dan’t sy oorkant gestroll na Mrs Rathbone om te kyk of daar al nuwe arnel of selenise material arrive het.
...
Sometimes het Dorothy Heunis ok friendly verby geswank op haar high polfaais, red lips en hangoorbelle.
...
Sometimes het Dorothy Heunis ok friendly verby geswank op haar high polfaais, red lips en hangoorbelle. Paperwork innie hand. Very importantly. Mr Bresler se secretary.
Maar ouma het mostly haar material gekoop by Salka Scheim van Simons. Anderkant van Mr de Haast van Hepworths se shop. Ant Salka en uncle Joe was Jode, but always van my ook notice gevat. Uncle Joe met so ’n deep voice. Daar was altyd something pretty en ouma het usually een en half jaarts gekoop. Depends. As sy shoulder pads en ’n collar ook wou style, dan was dit twee jaarts. Sometimes het sy ’n Butterick patroon ook gekoop. Klaar met cut outs. Depends van die fashion. Mrs Bester, die dressmaker, moes net die material sny. Salka het als eers in tissue paper opgemaak, en dan met bruin papier, and I could carry the parcel all the way huistoe. Carefully. Niks moet kreukel nie. Dalk was daar groot enough paper om ’n school book te cover.
Dan’t ouma ons onder die fyn gestreepte sunshade die following afternoon laat afsit na Mrs Bester in Parsonage Street. Haar man het die lights gelees op sy bicycle met sy hoed op, bicycle clips om sy broekspype, Kotie Theron, die town clerk, se skoonpa.
Innie naaldwerkamer het Mrs Bester se masjien voor die venster gestaan. ’n Bernina. Nie ‘n Singer soos Ouma s’n nie. Ouma said sy sit by die window om te watch wie verbyloop. Pure nuuskierigheid. En haar windowsill was always vol African violets aan die blom in hul pierings voor die kantgordyn. Pers en pink en white. Maar hulle het nie gesmell soos dié onder ouma se poinsettia bome innie garden nie. Sy’t altyd ’n yslike homemade pin cushion om haar linker arm gehad, vol spelde (even van die nuwes met ronde coloured tops) en a silver thimble op die vinger van haar right hand. Dan’t sy measurements gevat en gesê sy kort stiffening vir die belt en stuffing vir die shoulder pads en extra vir die oortrek van die buttons en ogies vir die belt en dan moes ouma duurder betaal. Sometimes ten en six. But even so duur as a guinea once.
Oppad huistoe moes ons always by St James verbyloop, waar ek vir mammie lucky beans kon optel onder die groot boom by die voorhek. Dan kan sy ’n wish maak. Dit was net onderkant van Somerset Street wat Dr Dave Thornton (hy’t ’n aeroplane gehad wat kon vlieg) en Hansie Loock se surgery’s was. Dave het all animals gesond gedokter maar hy’t ’n houtbeen gehad. En langers Dr Loock en Billy Hudson wat die mense inspuitings gegee het en pille. But daar was klomp ander dokters in die dorp ook gewees. En everyone het inspuitings gehad en wit baadjies gedra, behalwe op house calls. Ek was bang vir dit gewees. Oupa het altyd gesê you must n’t look, then it’s not so sore.
Sometimes huis toe het ons short cut gevat by Syfrets se hoek en by Parity en die Board of Executors ánd Barclays verby gestroll. By Jack Laubscher, die dentist, moes ons links in die Muller stofstraat draai. Most people het never gepraat van Dr Laubscher nie. Hy was always maar net plain Bleskop Jack. Met sy wit doktersbaadjie. And in spite van min hare, was hy always aanie lag en grappe vertel. Hy’t ’n gold tooth ok gehad. Hy’t nie baie vannie Rooies en hulle politics gelike nie. Mens het gehoor hulle kry extra long inspuitings as hul tanne getrek word … So was agter hande gepraat oppie dorp.
...
Anyway, daar was gesê hy’t vir die wit boertjies gesê they must get their own klub. Die engelse het die GRT Club oorgevat en stiff collar getrek met die Natte.
...
Anyway, daar was gesê hy’t vir die wit boertjies gesê they must get their own klub. Die engelse het die GRT Club oorgevat en stiff collar getrek met die Natte. Anyway so was daai tyd gepraat. But jy weet, many years before was mos ook tussen die Natte en Sappe die story vannie kerk. Dis how die Nuwekerk mos innie lewe gekom het. Minder verkramp gewees.
En actually, strange enough, al twee was in Bourke Street: die Nuwekerk én Klub Libertas – die Afrikaanse Klub. Die Natte. Yes, waarlik. En die Engelse Club het otherside van die Kerk gebly. Oe, die politics was heavy daai se tyd.
...
En actually, strange enough, al twee was in Bourke Street: die Nuwekerk én Klub Libertas – die Afrikaanse Klub.
...
Klub Libertas was langs Bokkie en Tokkie se town house en otherside die straat was Dawn se rooms. Die mansmense het sometimes one by one at a time daar ook ’n dop loop steek. So was said. But Graaffernetters kan talk hoor… Sometimes even twee of drie agtermekaar glo. One by one. But hulle moes their own drinks saam vat. ‘Cause sy het nie gecater vir drinks nie. Sy was nogal pretty met haar lang swart hare. ’n Nurse gewees. En onder in die sêlle Bourke Street was nog Pollie Dolly ok. So die dorp wassie altyd so vroom nie. Daar was gehankey pankey ook. En moenie vir Mountain Drive weggooi nie nê. Just so na sunset!
Nou ja, as it goes, clubs moes presidents hê en Bleskop Jack was die voorloper mostly by Libertas, ’n stigterslid. But even Danie Els van Adendorp het ’n turn gekry! Hy was also die president. Dit was grand, dié Libertas hoor. Daar was even a lounge waar ladies kon gaan kuier en a spot vat.
Makes me onthou van sundowners en politiek nou. As jy op die stadsraad was, you were in tell. Jy’t jou medemens support. And when a nuwe mayor was selected, het hulle one after die ander cocktail parties gehou innie town hall. To celebrate iets of anders. Sometimes in the side hall, but mostly in die townhall proper. But nooit in the mayoral parlour selfie. Dié was sanctity. Vol portrette van ander burgermeesters.
...
Garden party’s by hulle, by die huis. Innie tuin. Sonsambrele, die lot. Uitgevat in their beste fashions het die hoi polloi ladies na die At Home gegaan.
...
And can you believe, vat note feminists, even die mayoress het haar eie parties gehou. ’n At Home was hulle name. Garden party’s by hulle, by die huis. Innie tuin. Sonsambrele, die lot. Uitgevat in their beste fashions het die hoi polloi ladies na die At Home gegaan.
Die high teas by Dorothy Scholtz in Cypress Grove en Bleskop Jack se vrou, ook Dorothy, in Somerset Street, was said was van die extra grandste toe hul mans mayor was. But al twee se mans was mos dokters, so they het die geld gehad vir grand tuine en electric lawnmowers! Other councillors was maar besigheidsmanne.
Laat my dink. Johnny van Rensburg het nooit geserve oppie council nie. Strange, nè? And he had a chauffeur! Ek was so lief vir hom and aunt Ada.
But die ratepayers het ok seker darem moes help betaal vir all the eats and treats vannie At Home, of hoe?
Jong, en praat van swank, die Masonic Lodge was mos langs oupa-hulle se huis in Milnerstraat. Daar onder innie hoek op left. Dit was mos die klub van die bokryers. Vrymesselaars. Hulle’t always laatmiddag op ’n Vrydag gegather, uitgevat in swart pakke en strikdasse met ’n klein plat suitcasey. Oupa had one too. Binne was so ‘n swaar klein voorskootjie met baie blink patterns geëmbroider. Glo gedra when they were inside the hall. Ek’t altyd ouma se freesias natgegooi sulke tyd om dié palava te bekyk, assie undertaker Jannie Germishuizen en Angus Knott-Craig, always late, om die voorhek gehardloop kom met die trappies op.
Snaaks, die members never used die front entrance. Altyd die side entrance vannie hall.
Ek het een skoot uit nuuskierigheid geloer binne toe Vaaltijn en Totman die hall skoongemaak het, but binne was net portrette van gesigte en ’n opgestopte kop van ’n boerbok bokant die preekstoel. Gelyk nes die koedoe teen die muur by oupa en ouma se entrance hall.
Ek het nooit geweet wat die spul mans in hulle aandpakke voor gather nie, but it was said hulle het discuss wie kry swaarste innie dorp en het dan lucky dip groceries op hul stoepe gaan sit. Like donations jy verstaan. So hulle het goed bedoel I thought.
Maar die people het gebrom en gesê dis onderduimse goed en devil’s worship wat agter die deure gebeur. But that was nonsense. I knew, want oupa het dan ook gegaan. En hy was sometimes dan ’n diaken ok when it was kerktyd.
Maar dié mense wat groceries moes kry, het seker weer hulle geld loop staan en uitdobbel by Mr Viljoen daar bo langs die swing park. Hy was mos die local bookmaker wat pêre gespeel het vir die Durban July. Ek onthou net van Colorado King en Numeral (soos in nommers) wat perde was. En glo die big favourite was Sea Cottage, but iemand het hom geskiet. Morsdood.
Gepraat van skiet, laat my think toe die Boards gestig is en toe mens net een plek lemoene kon verkoop. Oom Andrew konnie toe nie meer syne verkoop by Mr Shamley van Banana House nie. Dit moes every bag met die trein Sunlands toe gaan. En die Citrus Board het swak betaal na die first season. Nearly nothing. Uncle Andrew was so briesend, hy kon slange vang. Sy, het loop en donner skiet – sommer die lug in van kwaadgeid. Sy hele .303 leeg geskiet. Hy’t sy hele extra big orange orchard oppie plaas alles laat uitkap en gesê hulle kry nie sy oranges ever again nie. Hulle betaal niks. Was netso met die FCU en die Wool Board. Toe’t hy verder met onions geboer. En dis van van toe af wat hy die suur trek vannie bo-lip getrek het. Hy was forever always kwaad.
Dis hierdie selle tyd wat botter so expensive geword het. Kannie meer die reason onthou nie, but mammie het laat ons die Stork-margarine met die regte botter mix met ’n vurk innie Hart plastiek bak, om dit double te maak, en het ’n kêpsie yellow buttaline bygegooi om dit geel te maak. Dan het dit lank gehou. As dit klaar gemash was, het sy steeds dit gepress in die wooden butter frame om shape te gee, in die fridge gesit tot dit geset het, en dan uitgedruk en dit in wax paper toegedraai.
Jilaaik, but nou’t ek darem ’n draai geloop deur onse Graaffernet. Ek moet net my flip-flops aantrek en afstap market toe nog.
Mr Basson said vir oupa hy’t appels gekry vannie Langkloof af. Sulke wooden bokse volgepak met die Grand Fresh-appels toegedraai in blou tissue paper – almal met hul stingeltjie nog aan: Winter Pearmain, Star King en Golden Delicious. En dis als vitamine C vir verkoues. Dit het eintlik so ’n klakgeluid gemaak as jy hom hap laat die stroop so spat. All over. Ouma het dan kwaai plooioog geloer en gesê mens moet ordentlik eet, sulke groot happe is bad manners.
Ons het die stronke nooit weggegooi nie maar op ouma se mishoop gegooi vir extra kompos, like met al die skins van die vye en lemoene en groenteskille. Oppie komposhoop.
Sy’t dit in die garden gesit, as die akkers omgespit moet word voor sy haar leeubekkies en calendulas plant. Die godetias en glads het nie gekry nie. Hulle kry voorwater when dit Maggie’sput-leibeurt was. Maar agter by die jaart, waar ai’Driena by die leë houtelektriekkabeltol, wat oupa so sideways gedraai het like a table, haar afdroogdoeke en afstoflappe every day gewas het in die enamel skottel, het die katsterte, hollyhocks en seweweeksvarings only haar uitskot water gekry, nothing more! Also geen mis nie.
En after smiddags se rustyd moes ek die towels loop afhaal vannie draad, het ouma gevra, maar ek mag nie aan die bloudraad rem to reach it nie, al is dit so hoog nie, cause dan hang dit en dan’s oupa kwaad. Hy loop vas daarin on the way garage toe om by die kar te kom.
So, op Graaffernet you had to mind your step also – allie pad hoor! En moenie in die pad kom van ou Drury die traffic cop nie, dan kry jy sommer a warning. And if he’s in a mood, kry jy sommer a fine!
Nou toe, laat die skindertonge roer! Hier’s baie Graaffernet History vir julle – something for everyone!
Kommentaar
Lekker gewees om die egte geselstrantstorie te lees. Klink of Graaff-Reinet lekker mense kon oplewer. Skryf nog, Elise.