Elders gesien: Graaffernet-mense

  • 5

Elise Bishop skryf op Facebook (Graaff-Reinet History Group):

As mens uit Milnerstraat uit Cradockstraat toe gestroll het, was die Ruperts se huis sommer voor ’n mens. Links was Ice Dippenaar se plek. En oorkant, Paultjie en Annie van der Berg.

Anton Rupert se pa I didn’t know, maar dink hy was ’n prokureur in Kerkstraat. Practise gehad in die Parity 3rd Party se gebou oorkant die Advertiser. Hulle family, veral Anton en sy kind Johann,  het so baie vir Graaff-Reinet se geskiedenis betekent. Hulle is later Stellenbosch toe en was bemoeid met twak vir cigarettes, wyn and grand inkpenne en baie geld. En outydse geboue, can you believe it, nes Graaffernet s’n.

Weet ôk nie of dit true of ’n joke was nie (hy was nogal heelwat ouer as Mammie), maar daar was gesê Anton wou haar boyfriend op ’n slag wees, maar sy’t nee dankie gesê, want hy’t nie blou oë gehad nie en sy bene was hairy! Sy was very pretty, maar het niks van hairy legs gelike nie.

Gerrie Smit het sy prokureurspraktyk ôk gehad daar rond. Oorkant die Advertiser. Dalk nog selle een as Mr Rupert. Who knows. Hy was ’n groot man met ’n dik moustache en ’n diep stem. Could lekker lag ôk. En baie waves ...

Hy’t ’n ander claim to fame gehad ôk. Nie net prokureur nie. Hy en Lettuce het in Cypress Grove gebly in ’n grand mansion en beautiful garden. En daarso was ôk waterslote  om die tuin mee nat te lei. Waterbeurte was very strict en ouens was aspris agterlosig om hul sluise betyds uit te trek sodat die volgende mense hul natlei-beurt kon kry. Toe dit by sy innings kom, het hy daai aand gentleman gewees en saam met sy hond opgestap na Mirriam Raphael (Sylvia, die “Israelse spy”, se ma) om die sluis vir haar te loep uittrek. Mirriam was maar maer. Sy was by accident ôk oppad om dit te loep doen, toe hul mekaar teëkom en Gerrie se hond haar glo onverwags bespring in die donkerte. Sy’t groot geskrik en kliphard geskree. Gerrie het kwaad geword, want sy hond wou nie los nie en skop toe ’n harde skepskop na sy hond, Boetie, in die donkerte en skop, so sê mense, mooi, per ongeluk mind you, Mirriam se arm mos raak, lat dit sommer in twee breek! Ja, sy moes dokter toe gevat word en het lank plaster of Paris gedra om die arm weer te mend.

Laterjare het ek hom en sy Christa se babytjie Bettie-Marie gebaby-sit wanner hul op outings gaan om te visit. In die blink gunmetal Capri. Christa het electric curlers gehad - can you believe it? Electric sê ek jou. Ek kon my skoon vergaap as sy haar regmaak. Ant Miems het dan ander curlers gebruik vir Ouma? Frank Horwitz was altoos aan die  geld maak saam met Joe Levine deur Fords te verkoop uit die garage op Goedhals Square, therefor die Capri sportskar! Christa het baie jare die nuwe Drostdy Hotel se besigheid gerun, maar dit was bietjietyd.

Harry Hoard, vannie Mobil Oil Gem Garage in Kerkstraat (oorkant Mr Nolte die tailor se winkel, die divisional council en die fisheries), het ôk in dié Grove gebly, duskant Gerrie. Maar hulle het latertyd getrek, maar weet nou nie waarheen nie.

En onder in die hoek was Dan Pienaar se huis. Sy pa was ’n baie well-known chap. Hy’t aeroplanes gevlieg. In oorlogte. Maar hy’s dood van ’n aeroplane crash. Sy naam was ôk mos Dan gewees. Ons het ôk in een gevlieg saam met Dr Thornton wat very sick honde reggemaak het. Die Moseleys het eerste in daai  huis gebly. Maar hulle het na Rhodesia loep trek om te boer met twak.

Cypress Grove was ’n grand plek en baie dokters het daar gebly in grand, groot huise. Die tandartse  Dr Scholtz, Dr Theron en ’n rêrige dokter, Dr Theo Naude ôk. Én S le Roux Marais van die song “Kom dans, Klaradyn” (ja, Mimi Coertse het daar gevisit). Stella Hendrikz, Muriel Nicol, Mnr Basson die marketmaster en nog anner mense ôk. Bo oppie bult was Mrs Murray ôk nog oorkant die Raphaels. Mens het mos onder die railway deur gery het om in die Grove te kom.

Daar was baie geboer ook buitekant die dorp. Met skape en sybokke en Afrikanerse beeste, eggs en cream. Lusern, gars en sulke goed was mostly oppie plase gehou vir diere se kos. En vir droogtetyd. Nou en dan was daar vendusies, waar mense die skape en beeste gekoop het vir die nuwe  slagpale (with the blue roof). Dié was net annerkant die rivier, verby die divisional council se workshop oppad na Adendorp.

Daar was baie boere. Kroons, Rubidges, Kingwills, Minnaars, McNaughtons, Humes, Biggs’s (Dassie se pa Llewellyn ook), Vermaaks, van der Merwe, Maasdorp, Goedhalse, Bothas, Retiefs, Wolfaardts,  Fouché en Hartzenberg-boere, but there was many others ôk. En nog die Van Rensburgs.

Maar poor oom Johnny was deur die trein getrap by Rhyneath en moes ôk in die grond gebêre word. Millionaire of te not.

Langs die stofpad Kroonvale toe.

Adendorp het sy eie mense gehad. Daar was die Krieks van Skuldbult, Fritz Setzkorn van die drankwinkel, die Viljoens en Mr van Wyk ôk. Hy was Charles Blom, wat mayor was op GRT, se son-in-law en was ’n teacher. Daar het die oom en tannie ôk gebly wat met ’n wa gery het wat deur ’n muil getrek was. Hulle was op ’n smallholding, maar sy was blind en hulle is gevermoor gewees met ’n byl. Die pondok was ôk afgebrand. Ek weet nie why. Dalk Poqos gewees. Hulle het daai tyd baie gewees om die dorp. Robert Sobukwe ôk. En die library is deesdae mos sy museum. Can you imagine that!

En daar was dominees galore. Ons was in die Nuwe Kerk. Dit was nie so conservative as die Grootkerk nie. Die gebou was ôk nuwer. Dit was politieke goed laat daar nie een kerk vir die Afrikaners was nie. En al die churches het almal parsonages gehad.

Saterdagaande het ons saam met Mammie vir oom Tommie en ant Hes gaan kuier in Murraystraat oorkant Mr Urquart se tuin langers Reinet-Huis. Hulle het always dan braaivleis gemaak in ’n 44 gallon drom. Mr du Toit-hulle van die Magistraatshuis (die Residensie) het ôk gekom sometimes. En also oom Tommy Ferreira en ant Ria van die fisheries. Hulle was die ma en pa van daai Gerhard-kind wat so vinnig kon hardloop en baas was van die First National Bank.

Ek’t het mos altoos gewonner oor dié National Bank. Was it or was it not nou net vir die Nationalist Party gewees? Waar het die United dan gebank?

  • 5

Kommentaar

  • Christo Viljoen

    Lekker herinneringe aan mense, die meeste waarvan ek persoonlik geken het. Dankie Elise vir die onthou.
    Graaff-Reinet se mense was van die begin af maar "moeilike" mense. Reeds in 1795 eis die inwoners, onder leiding van Adriaan van Jaarsveld, dat landdros Maynier en "zijn ontaarde cabale" van hul gesag sou afstand doen en padgee, jaag hulle hom weg, neem die bestuur van die dorp oor as onafhanklike "Colonie" van Nederland" (en nie die VOC nie).
    'n Eeu gelede was daar die taaltwis en toe stig die dorp twee skole, die Engelsmedium Union High School ("for loyal people”) en die Afrikaanssprekende Hoër Volkskool (as die eerste Afrikaansmedium-hoërskool in die destydse Kaapprovinsie). Kort daarna skeur die NGK en stig die Nuwe Kerk af van die (latere) Groot Kerk, onderskeidelik bekend as die Sap-kerk en die Nat-kerk.
    Natte ry Chevrolets en die Sappe ry Fords. Die Natte bank by Volkskas, die Sappe by Barclay's Bank.
    Maar die lekkerte is die mense van Graaff-Reinet met die unieke Graaff-Reinetaans wat hulle, soos Elise Bishop, praat.

  • Ansie Malherbe

    Soos met jou vorige skrywes, het ek hierdie een ook baie geniet. Dit bring soveel herinneringe in prentjies terug! Baie dankie!

  • Ek het jare gelede een aand op die draadloos na 'n hoorbeeld geluister. Dit was, as ek reg onthou, deur die wyle oom Fanus Rautenbach geskryf. Die storie, in kort, was dat daar 'n dorp langs 'n spoorlyn ontstaan het. Die dorp het nog nie 'n naam gehad nie. Die spoorlyn was reeds gevestig wat twee dorpe vêr uitmekaar verbind het. Daar is besluit om 'n blinkgepoetse graaf vir die dorpstigters te stuur om die eerste sooi vir 'n stasiegebou te spit. Die graaf is toe vir die kondukteur gegee wat dit aan die dorpstigters sou gee. Dit het toe nie gebeur nie en die graaf is nie afgegee nie. Met die terugkomslag ook nie. Na weke se spook, is die graaf toe uiteindelik afgelewer. Die dorp het, soos genoem, nog nie 'n naam gehad nie, en is daar toe sommer besluit om die nuwe dorp Graaf Ry Net te doop.
    Daar is seker ander stories ook, maar dit het in my geheue vasgesteek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top