Zirk van den Berg skryf op Facebook:
’n Onverwagte voorreg in my lewe was dat Fred Mouton, van wie se afsterwe ek pas gehoor het, my op ’n keer geteken het. Die tekentegniek in sy spotprente was altyd fantasties, maar inhoudelik was hulle vir my die beste wanneer hy kon wegbeweeg van politiek en byvoorbeeld net die chaos kon teken van kinders wat in die wintervakansie by die huis amok maak. ’n Baie interessante man gewees, so op sy besadigde manier, en boonop ’n kultuurikoon. Ek is bly om te sien Die Burger het ’n plakkaat aan hom gewy.