Geheim van die gruwelsand deur Zirk van den Berg: ’n onderhoud
2023-07-05"Afrikaans lê my nader aan die hart en ek geniet dit meer om met die medium self te speel, die woordspelings en poëtiese moontlikhede. Ek meen dit wys in die prosa van bogenoemde twee boeke, waarin ek ongebreideld in die kultuur en taal kon wroet."
My jaar van Koreaanse TV, seumnida!
2022-05-19"Die ding wat my eerste gevang het, is ’n sekere onskuld en die anderste aanslag as die Amerikaanse patroon en selfs die Europese TV wat ons te siene kry. Die weerlose karakters, so anders as die tough guys & gals wat Amerikaanse flieks bevolk. Die talle transendentale oomblikke."
Elders gesien: Fred Mouton
2022-05-05"Die tekentegniek in sy spotprente was altyd fantasties, maar inhoudelik was hulle vir my die beste wanneer hy kon wegbeweeg van politiek en byvoorbeeld net die chaos kon teken van kinders wat in die wintervakansie by die huis amok maak."
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg
2020-09-21"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."
Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers
2020-08-20"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever
2020-07-21In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.
Kwarantynketting: "Dis COVID, en ek kou witbrood" deur Zirk van den Berg
2020-07-15"Probeer jou die ideale plek voorstel om te wees as daar ’n pandemie uitbreek. Ek sou reken ’n goeie kandidaat is iets soos ’n eiland op ’n uithoek van die aarde, yl bevolk, betreklik welvarend, met goeie mediese geriewe en ’n oopkop regering. Met ander woorde, Nieu-Seeland."
Skrywersonderhoud: Chris Marnewick gesels met Zirk van den Berg
2020-06-24"Ek skryf die storie so goed ek kan, en dan kan lesers maak wat hulle wil. Die leeservaring is ’n spanpoging."
Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”
2020-06-01"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."
Greep
2020-06-01"Ek is nuuskierig, en braaf van die bier. Kinders gaan van verskillende goed dood. Hulle kry ’n virus, die een of ander aangebore kwaal knou hulle, of hulle stik aan ’n vitamienpil."
Ryk Hattingh: “Hy was iemand wat die lewe gevréét het.”
2017-10-11"Ryk het gesê hy probeer die onmoontlike met Huilboek: hy probeer vir Outa Toon, wat dood is, lewend maak. Ek wens ek kon so iets regkry. Ek wens ek kon vir Ryk terugsit in sy huis, terug in die lewe waarin hy hom so verlustig het."
