Elders gesien: Afrikaans as inheemse taal erken

  • 2

Danie van Wyk skryf op Facebook

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San- en Khoitale as inheemse tale erken moet word. Die DA skep egter nou die indruk dat hulle alleen verantwoordelik was vir hierdie oorwinning.

Die rol van DAK Netwerk in hierdie stryd kan nie as gering gesien en onderskat word nie. Ons het sedert vroeg verlede jaar ’n verbete stryd met die minister gevoer deur middel van protesnotas en skrywes. Van hierdie dokumentasie het ons selfs met die DA ook gedeel om hulle saak te versterk.

Ons laaste poging was ’n protesoptog op 12 April na die kantore van die minister van HHO waar ons fisies ons afkeur en protes aangeteken het.

Die DA kan dus nie alleen aanspraak maak op hierdie oorwinning nie. Na my mening was dit ’n gesamentlike poging wat verskeie rolspelers ingesluit het. Ek sien uit na die amptelike verklaring van die minister.

Dit is ’n oorwinning vir Afrikaans en nie slegs vir die DA nie. Ons is egter ook verheug oor die bevinding.

Lees ook:

Hersien jou gedagtes oor Afrikaans, minister Nzimande

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Elders gesien: Afrikaans is nie ’n weggooitaal nie

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

  • 2

Kommentaar

  • Dit is verstommend dat so 'n stryd — en teen die minister van hoër onderwys — amper dertig jaar ná ons eerste demokratiese verkiesing eers nodig is. Dit is genoeg om alle vetroue in hierdie persoon te laat verdamp.

  • Barend van der Merwe

    Die DA stel net belang in minderhede wanneer hulle stemme verloor. Dit is wat met Afrikaans gebeur het. Dit was eers na die slag van Schweizer-Reneke wat die DA in Afrikaans begin belangstel het, en ook net omdat hulle 'n klompie steun verloor het. Afrikaanse skole is voor daai tyd eerder verdag gemaak en beswadder deur die DA, soos in Schweizer se geval. Tipies politici, wil hulle nou weer al die glorie vir hulleself opeis. Dit terwyl die stryd vir die behoud van Afrikaans deur baie verskillende groepe gevoer word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top