Elders gesien: Die gloeilampe is geblaas

  • 3

Johan Kotze skryf op Facebook:

Ek is net weer wreed onder die besef gebring van hoe sleg dit regtig gaan in ons land.

Ek het ’n pakkie by die poskantoor gaan haal. Daar was drie toonbanke vir ontvangs en twee van hulle was beman. Dit was donker by myne en ek het moeite gehad om te lees wat op my strokie staan. Ek vra toe vriendelik of hulle nie asseblief die ligte kan aansit nie, want ek lees moeilik.

“Meneer, die gloeilampe is geblaas en die poskantoor het nie geld om dit te vervang nie. Ons kla al twee weke.” Sy leun bietjie vooroor en fluister amper. “Ons pensioengeld is 20 maande agterstallig...”

  • 3

Kommentaar

  • Malene Breytenbach

    Johan skryf sulke heerlike stukke op Facebook. Plaas asseblief meer daarvan op LitNet.

  • Al die poskantore in ons omgewing het al toegemaak hier in die ooste en suide van Pretoria. Daar is posbusse in ons 'estate' aangebring en ons pos is ontvang in 'n privaatsak by ons naaste poskantoor. Die poskantoor is egter nou gesluit en die privaatsak is nou by 'n poskantoor kilometers van ons af. Posbusse is nou wit olifante!

  • Dit laat my terugverlang na my vorige lewe. Ek was ook 'n "grens"-vegter. Ons het gereeld "pakkies en briewe" op die grens ontvang. Ek het van 'n "geval" gehoor van 'n antie wat vir haar grensvegterseun gereeld pakkies aangestuur het. Op 'n dag stoom sy die poskantoor in. Die pakkie is adresseer en "gesellotape" dat selfs 'n swartmier nie daar sal inkom nie. Die antie stoot toe die pakkie oor die toonbank en vra, kan julle die pakkie via, Bloemfontein, Durban, Kaapstad, Pietersburg en Kimberley stuur asb. Die dame agter die toonbank sê toe, nee mevrou hoe dan nou. Die antie anrwoord toe, dit wil voorkom of julle dit voorheen so gedoen het want my kind moes 'n moerse lang tyd vir sy vorige pakkies wag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top