Elders gesien

Met die nodige toestemming van die skrywers, verskyn hier sosiale media-inskrywings wat die LitNet-redaksie se aandag getrek het.

Elders gesien: Vroeër die middag het Sonia Cabano gesterf

Henk Serfontein Elders gesien 2021-06-01

"Dalk sou Sonia Cabano vir ons kon kook. Dalk iets vegetaries soos ’n groentetert met sampioene, seldery, parmesaankaas en eiers."

Elders gesien: Hout is nie ’n goedkoop speelmaat nie

Frederik de Jager Elders gesien 2021-05-18

"Die meubelstuk beur so ver moontlik weg van sy uiterlike bestaan as boom. Hy wil die innerlike van die boom veruiterlik, die versteekte kleur en vlamme. ’n Nuwe bestaan word vir die hout verwesenlik, ’n lewe in ’n ander dimensie ná die afsterwe van die boom."

Elders gesien: Dit moet ’n vroeë waarskuwing vir alle politici wees...

Barend la Grange Elders gesien 2021-05-18

"Daar word op baie plekke nie meer gewag vir politici om die leiding te neem nie. Die inisiatiewe word deur die gemeenskappe van die dorpe geneem en die politici word noodgedwonge in ’n posisie geplaas om te volg en 'gedwing' om saam te werk."

Elders gesien: Moerig, die uwe

Clinton V du Plessis Elders gesien 2021-05-06

"In die stemseisoen
in die tyd van blatant witvoetjie soek
die kruis en die vloek
die loslaat van die lekhonde
die gatkruipers en die bekruipers"

The Jagger Library fire and my great-grandfather’s archive

Christine Coates Elders gesien 2021-04-23

"In 1999 I found a photograph in Karel Schoeman’s Witness to War. I recognised my great-grandfather WH Muller, captain in the Free State artillery."

Elders gesien: “Wees goed vir die naaste”

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-04-21

"’n Petroljoggie lag in volronde Afrikaans, iemand word begrawe, die Moederstad stik, kennis gaan in vlamme op."

Seen on Facebook: When I saw these tulips

Irize Loots Elders gesien 2021-04-14

"When I saw these tulips yesterday in Amsterdam at all the stations – after an unofficial ten days in isolation at my Dutch home after my arrival – I was reminded that Life with so much beauty can only be celebrated."

Elders gesien: ’n Bitter skoonheid wat in die landskap gloei

Louis Jansen van Vuuren Elders gesien 2021-04-12

"In ’n desperate poging om die temperatuur ’n bietjie te lig, steek die boere konka-kerse in die wingerd aan. Dit is saans ’n bitter skoonheid wat in die landskap gloei."

Seen on Facebook: The history of slavery has somehow gone beneath the radar

Steven Robins Elders gesien 2021-04-10

"Yet, it was only very recently, in the wake of the brutal murder of George Floyd, that the US and UK seriously began the kind of “memory work” that Germans have been doing for decades."

Elders gesien: US-koshuis en slegs Engelse liedjies vir sêr

Frederik de Jager Elders gesien 2021-03-30

"In plaas daarvan moet sy eie Afrikaans-Nederlandsdepartement (en blykbaar die media) hom wys op ’n bestaande kultuur van mikroaggressie teenoor Afrikaanssprekende studente."

Elders gesien: Lost in translation is nie altyd so snaaks nie.

Solet Scheeres Elders gesien 2021-03-26

"Vandag brand ek ’n kersie vir alle tweede- of derdetaalsprekers wat so hard probeer: lost in translation is nie altyd so snaaks nie."

Elders gesien: #Menseregtedag, eis jou taalregte op

William Sezoe Elders gesien 2021-03-21

"Ons het ’n keuse – ons hoef nie deel te wees van ’n herkolonialiseringsproses nie. Die antwoord lê dus in ons tonge. Maak jou stem dik en help verseker dat ons inheemse tale voortleef!"

Koning Zwelithini: Toe word die media se eer darem gered

Anne-Marie Mischke Elders gesien 2021-03-15

"G’n sprak is gesprook oor sy xenofobiese uitlatings in 2015, een van die aanleidings tot daardie jaar se erge xenofobiese aanvalle, nie. Nie ’n woord oor sy homofobiese uitlatings nie."

Elders gesien: Namib100 – dag 5

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-05

"My hart, my siel, my asem, my alles lê in die sand tussen die duine van die Namibwoestyn en in die eindeloosheid van sy skoonheid. Dit loop deur my murg van die tyd af toe niemand my nog geken het nie."

Elders gesien: Namib100 – dag 4

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-04

"Die sandsnoere het soos ’n kunstenaar se verfstrepe en kwashale voor my uit gedans op die maat van sy eie musiek."

Elders gesien: Namib100 – dag 3

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-02

"Teen slaaptyd was my syn tevrede. Ek het vandag die ontheemdheid uit my lyf uitgestap en van hier af vorentoe sal ek net ek kan wees en daar waar ek gaan, daar sal ek gaan."

Elders gesien: Namib100 – dag 2

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-01

"Duin op duin op duin. Om die ewige skoonheid van die Namibwoestyn te probeer vasvang in my wese en my gebeentes. Om die sand wat deur my lyf loop te voel lewe en om te weet dat ek gegrond kan wees al is die sand onder my los."

Elders gesien: Namib100 – dag 1

Marika van Heerden Elders gesien 2021-02-24

"Ek het gewonder of ek dalk Namibkoors het dat die gediertetjies my so aanraak. Maar in my dieper waters het ek geweet dat ek eintlik net die natuur in die gemak van sy eie vel gesien het."

Elders gesien: Lourens du Plessis, in memoriam

Antoinette Louw Elders gesien 2021-02-10

"Die groot man met die sagte stem en nog groter hart."

Elders gesien: Amanda Strydom bring hulde aan Sibongile Khumalo

Amanda Strydom Elders gesien 2021-01-29

"That voice, that dignity, that beautiful soul – gone."

Top