Elders gesien
Elders gesien: Die uitslag het gekom
2020-07-13"Toe Liefie se foon vanoggend lui, sink my hart dadelik af maag toe. Mens weet mos daar kom slegte nuus as jou huisdokter jou bel. En hierdie keer is dit toe weer so: COVID-positief, jammer julle."
Elders gesien: COVID-19 kan met niks anders vergelyk word nie
2020-07-03"Die hele wêreld, ja, die HELE wêreld, baklei op die oomblik teen ’n virus wat niemand nog verstaan of heeltemal kan definieer nie. Besef dit, en miskien sal jy dan begin verstaan dat COVID-19 met niks anders vergelyk kan word wat ons tot dusver in ons leeftyd ervaar het nie."
Seen on Facebook: These anti-mask crusaders
2020-06-29"On my run in Newlands Forest this morning I bumped into yet another 'freedom fighter'. When I asked him where his mask was, he replied: 'I am running outdoors and if you don’t like it, then stay at home.' As we passed each other I shouted back that it was not about his safety, but the protection of others."
Elders gesien: Gebed vir die afbreek van Hangberg
2020-06-22"My God, my God, waarom het U dan die armes van die Wes-Kaap verlaat? Hoe durf U toelaat dat ampsdraers, soos JP Smith, die armstes van die armes se huise in die reën afbreek, in die middel van ’n pandemie in die provinsie wat die swaarste deur COVID-19 getref is?"
Elders gesien: NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps
2020-06-19"Dit sal as ’n historiese oomblik afgaan. Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing in Kaaps gelewer, en daai man het ’n kop van formaat op sy twee skouers. Boeta NP hy kô hystoe."
Elders gesien: In memoriam – Elsa Joubert
2020-06-15"Elsa Joubert (1922–2020) was altyd baie spesifiek oor plek – oor waar sy gestap en gereis het, oor Leeukop wat haar laaste uitsig was. Vanoggend wou ek nêrens anders stap as langs haar Oranjezicht-strate nie. Die eerste 4 foto’s is van haar en Klaas Steytler se huis in Belvederelaan waar sy onder meer Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) geskryf het."
Elders gesien: "Alles begin by menslikheid"
2020-06-08"Die doel is om by ’n plek te kom waar ons ewe gewalg is ongeag wie se knie op wie se keel is. Maar vir nou is dit duidelik wie se knie en wie se keel dit is en ons moet daarvolgens reageer."
Elders gesien: Danie Marais onthou vir Jeanne Goosen
2020-06-04"Jeanne Goosen hét styl: die manier waarop sy haar meer as sewe dekades en haar plooie dra soos ’n sangoma ’n Pep Stores-kombers wat sy enige tyd kan afgooi; die manier waarop sy in die restaurant The Long Table inslof asof niks gemaak van geld en aansit haar kan beïndruk nie; die manier wat sy haar sigaret aansteek en ’n dubbel-whisky vir ontbyt bestel ..."
Elders gesien: "Tjorts Jeanne, was ons maar almal soos jy"
2020-06-04"Geen ander skrywer kan haar plek inneem nie. Sy was waaragtig the last of the Mohicans."
Elders gesien: Die getroue bloekomboom
2020-06-04"Hierdie ou, ou bome wat al oor die 100 jaar oud is, het al so baie gesien, so baie gevoel, en deur die eeue heen staan hulle wag en kyk ver oor die vlaktes."
Elders gesien: "Die woede is heilig"
2020-06-04"Die knie van die geweldenaar op die strot maak dood, die kruis spil kosbare bloed, maar die boodskap van reg en versoening word nie gestuit nie."
Elders gesien: "Dit is moontlik om ontsteld oor meer as een onreg te wees"
2020-06-04"Deernis vir boere en deernis vir onderdrukte mense kan terselfdertyd bestaan – die een beteken nie die ontkenning van die ander nie."
Elders gesien: In memoriam – Jeanne Goosen
2020-06-03"Tussen haar en my ma kon mens die wêreld verstaan. Sonder mense soos hulle is als stukkend. So vanoggend maak ek my oë toe en hoor haar vingers oor die klavier ... haar blou oë."
Seen on Facebook: "George Floyd, we breathe and say your name"
2020-06-01"What does it mean when you squeeze someone’s breath out of them? To break that attachment another human being has with the timelessness of their breath?"
Elders gesien: Korona-bewusmakingsveldtog
2020-06-01"Dalk moet die regering liewer die geld wat hy op sy vervelige, verbeeldinglose en nuttelose SMS-kampanje mors, steek in ’n professionele bewusmakingsveldtog met reuse foto’s soos hierdie oral in sekere 'brandpunte'."
Elders gesien: Net een kolletjie van die dice
2020-05-29"Dit is moeilik om die skielike toename in getalle haweloses in vodde op straat mis te kyk. Nou is hulle na ure die enigstes op straat. Ysige nat donker strate. Nie eers die lockdown polisie wil hulle hê nie. En jy weet. Jy weet daar’s net een kolletjie van die dice tussen ons en daardie mense."
Elders gesien: Stelwerk
2020-05-28"Die aarde is branding
en oral is klip, het jy juis gewaarsku.
Ook digters sal brand, soos fakkels in ’n donker land."
Elders gesien: "Troosgoed vir ’n bang gemoed"
2020-05-27"Aangesien ek kwalik iets anders het om daardie tyd van die nag te doen, trek ek die Google-verseboek nader. ’n Paar minute later lees ek vir haar Jan FE Celliers se lang en pragtige verhalende gedig 'Die brand' voor."
Elders gesien: ’n Nuwe normaal?
2020-05-27"Ek weier om te aanvaar dat ek nie by my ouma en oupa kan kuier, of die kinders in my klas kan druk nadat ek hulle nege weke lank nie gesien het nie."
Seen on Facebook: COVID-19 – a few observations
2020-05-22"Corona is more than a political-economic-social issue about which everyone has an opinion. It is a truly unpleasant disease no-one wants to get, and I don’t wish anyone to have."
