Elders gesien: Om renosters te bewaar

  • 1

Kabous Meiring skryf op Facebook:

Pas terug van die Karoo. Om renoster-fatigue te hê is heeltemal verstaanbaar, die bumper stickers rondom die kwessie was sekerlik een te veel, maar helaas die stropery duur tog voort.

Intussen beywer mense soos Wiaan van der Linde, sy kollega en veearts Emma Rambert hulle vir die lang storie: om renosters te bewaar. Ons was daar op Karreekloof waar die laaste springboktrek gedokumenteer is in die 1890’s. As ek dit nie mis het nie. Die argitektuur van hierdie Karooplaas wat eens aan Peter Wright behoort het (hy bly steeds daar en het ’n klein museum op die plaas) is gerestoureer om die vernacular in ag te neem.

Daar is ’n rehabilitasiesentrum vir verloopte diere wat nie in die wilde natuur teruggeplaas kan word nie, en vir die eerste keer in my lewe sien ek in lewende lywe ’n aardwolf, ’n rooikat en ’n bruin hiëna. En ja, hulle het name. Die bruin hiëna se naam is Nina (my gunsteling deel van hierdie hele storie).Sy is lovely en is mal oor honde vir maats en springbokke vir kos.

Ironies genoeg is een van die grootste uitdagings vir hierdie bewaarders die groen-aktiviste, want Wiaan en Emma pleit vir die wettiging van renosterhoringverkope. Om die bedryf te ontwapen.

My gevolgtrekking na die spesifieke trip is dat dit meer belangrik as ooit is om agter die kap van die byl te kom voor ons in bekgevegte en hofsake beland. Alle sake het twee kante en samewerking is die enigste oplossing vir vooruitgang. Dié storie het vir my ’n metafoor geword van hoe erfenis (kultuur, sowel as die natuur), veelkantigheid, pragmatisme en blerrie harde werk soveel kragtiger is as die bumper sticker-piepiekompetisie.

Ns: ’n Klein seuntjie van agt wat jag, sy naam is Rassie, het na my toe gestap en gevra: “Tannie, is dit tannie se chopper?”

Mooi woorde as jy my vra.

  • Foto’s: Kabous Meiring
  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top