Elders gesien: COVID-19 – Ons is nog nie oor die hond se stert nie

  • 0

Elsabé Brits skryf op Facebook:

Blykbaar kuier meeste mense en gaan uit, daar is glo plekke waar mense saamdrom sonder maskers. Geen afstand nie. Asof ons oor die hond se stert is, ons is nog nie.

Ek was die hele Februarie in Engeland, en in Maart net enkele kere uit die huis onder meer een dag by die Woordfees toe die donker wolke al saamgepak het. Toe twee keer vinnig by hospitale vir stories. Nooit gedink ons sou maande so kon leef nie, dit voel of ek ’n ekstra maand se alleenwees gehad het. Noem my maar #bangtanniemetdienatbroek, maar is ons deur die storm, nee.

Ek sal graag nou ’n burger en chips wil gaan eet op die hoek, maar nee wat. Hoe lank ons in die huis gaan bly? Wel, ons sterftesyfer is nog gans te hoog. Baie hoog.

Foto: Canva.com

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top